Polisie erken Windhoek se buurtwagte
Verskeie buurtwaggroepe het 'n optog deur die hoofstad se strate gehou en die polisie-opleidingsentrum besoek.
Augetto Graig - Buurtwagte van die hoofstad en die Khomasstreek het Saterdag saam met die Namibiese polisie 'n optog deur Onafhanklikheidsrylaan tot by Windhoek se munisipale hoofkantoor gehou.
Dít om hul toewyding aan die stryd teen misdaad te toon. Daarna is die groep na die Israel Patrick Iyambo-polisiekollege in Olympia waar buurtwagte amptelik deur die Namibiese polisie erken is.
Honderde vrywilligers wat hul tyd opoffer om die strate van Windhoek se woonbuurte snags te patrolleer om inwoners teen misdaad te beskerm, het die dag se geselligheid geniet.
Die geleentheid is deur Nampol se Khomas-gemeenskapskantoor gereël, onder toesig van hoofinsp. Christina Van-Dunem DaFonsech.
Sy is sedert September die Namibiese polisie se gemeenskapspolisiëringshoof.
DaFonsech is in 2012, ná haar sukses met die vestiging van 'n netwerk teen misdaad in die Oshanastreek, na die hoofstad verplaas.
Sy het die afgelope jare gehelp om meer as 60 soortgelyke netwerke in die groter Windhoek-gebied daar te stel.
Brakwater se buurtwag was eerste om in Khomas op die been te wees.
Vandag is 23 buurtwagte en verskeie misdaadbekampingsgroepe, soos taxi's teen misdaad, predikante teen misdaad en doktors teen misdaad, onder DaFonsech se toesig.
Me. Atousa Fischer-Buder, die stigter van Brakwater se buurtwag, is spesiaal bedank en sy het ná haar toespraak 'n trofee ontvang. Fischer-Buder het gesê sy is diep geraak deur die gebaar en die geleentheid.
“In my toespraak het ek gesê ons is raakgesien te danke aan 'n vreeslose vroulike polisiebeampte, hoofinsp. Christina Van-Dunem DaFonsech, se harde werk.
“Ek het aan almal verduidelik hoe hard sy werk, die nagte en dae wat ons in die bos en die motor geslaap het, die soektogte in die bos en die slapelose nagte.
Ek het die netwerke vir hul vrywillige werk sonder enige verwagting van betaling bedank en vir die hoeveelheid sukses wat die polisie deur hul werk bereik het,” het sy gesê.
Pionierspark se buurtwag is erken as die aktiefste buurtwag, en Windhoek-Wes en Khomasdal se buurtwagte is ook vir hul harde werk erken.
Old Mutual het die geleentheid geborg en is nou by misdaadvoorkomingswerk betrokke, het Fischer-Buder gesê.
Volgens mnr. Rassie Erasmus van Academia se buurtwag was die geleentheid betekenisvol. Hy het gesê hulle beywer hulself al vir ses jaar om deur die polisie erken te word. “Die dag was nie net vir Academia se buurtwag nie, maar vir buurtwagte in die hele Khomasstreek,” het hy gesê.
“Gister is ons amptelik erken en die polisie het na ons uitgereik. Alles is nou wettig en reg. Dit is werklik 'n mylpaal en 'n dag in die geskiedenis waarvan ons kinders op skool sal leer,” het hy gesê.
Mnr. Heinie Coetzee, 'n buurtwaglid van Khomasdal, het gesê: “Vir ons was dit 'n goeie dag. Soms sê mense ons beteken niks, maar nou is ons deur die polisie erken en dit gee mens meer moed om voort te gaan.”
Hy sê die buurtwag word goed ondersteun deur beide Nampol en Windhoek se stadspolisie, wat vinnig reageer wanneer op hul knoppie gedruk word.
Coetzee se buurtwag is maar 'n jaar oud ná dit in Oktober 2016 gestig is, maar dié groep het reeds daarin geslaag om 'n heining op te rig wat toegang tot 'n nabygeleë rivier voorkom. In die verlede is by baie huise en voertuie in die spesifieke buurt ingebreek en kinders se selfone is op straat by hulle afgevat.
Nou is daar geen plek vir misdadigers om te skuil nie en die area is veiliger. “Misdadigers weet nou ons is daar,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie