Polisie gryp vermeende dwelmsmouse
Die owerhede het verlede maand op dwelms ter waarde van bykans N$1,9 miljoen beslag gelê.
Denver Kisting – Die bevelvoerder van die polisie se skakelafdeling, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het opnuut ’n waarskuwing uitgereik oor die uitwerking van gewoontevormende dwelms op die samelewing.
Dít kom nadat die polisie tussen 1 en 31 Januarie vanjaar op dwelms ter waarde van N$1 852 100 beslag gelê het.
Volgens Kanguatjivi is 68 verdagtes in verband met dié beweerde dwelmverwante oortredings in hegtenis geneem.
Die meeste verdagtes is Namibiërs, het hy gesê.
Onder andere, sê Kanguatjivi, sluit die verdagtes 57 Namibiese mans en ses plaaslike vroue in.
Hiernaas is een Zambiese man, een Angolese vrou en drie Angolese mans ook aangekeer weens beweerde dwelmoortredings.
Die polisie het tydens dié inhegtenisnemings op 62,1 kg se dagga ter waarde van nagenoeg N$1 241 800 beslag gelê.
Hulle het voorts ook op 4 895 Mandrax-tablette met ’n straatwaarde van meer as ’n halfmiljoen Namibiese dollar en 35 gram kokaïen, wat N$17 500 werd is, beslag gelê.
Kanguatjivi sê die polisie het ook 54 eenhede crack gekonfiskeer, waarvan die geskatte straatwaarde N$5 400 beloop.
Hy het ’n beroep op die publiek gedoen om onwettige dwelmhandel by die naaste polisiekantoor aan te meld.
“Dwelms kan baie vernietigend wees,” het hy gesê.
In ’n onverwante saak is twee mans verlede week borgtog in die hoërhof geweier agt maande nadat hulle glo met 412 kg se onwettige dwelms gevang is.
Regter Naomi Shivute het in die Windhoekse hoërhof bevind sy stem saam met ’n Walvisbaaise landdros om nie vir mnre. Grant Noble en Azhak Dinath op borgtog vry te laat nie.
Dié mans word verbind met ’n reusevonds van vermoedelik kokaïen op 15 Junie 2018.
Hulle het hulle tot die hoërhof gewend nadat ’n vroeëre aansoek om borgtog in die Walvisbaai-landdroshof ook misluk het.
Hulle is in Junie verlede jaar aangekeer nadat hulle glo met beweerde kokaïen ter waarde van N$206 miljoen op die hawedorp betrap is.
Noble is ’n bekende inwoner van Walvisbaai, terwyl Dinath ’n Suid-Afrikaanse burger is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie