Polisie in CoW se visier
Denver Kisting – Die polisie se blinknuwe hoofkantoor is een van die staatsinstellings wat in die Windhoek-munisipaliteit (CoW) se visier is weens agterstallige skuld.
Republikein verneem die polisie skuld die hoofstad se munisipaliteit sowat N$8,1 miljoen – en dit net in agterstallige kragrekeninge.
Mnr. Harold Akwenye, die munisipaliteit se woordvoerder, het gister by navraag bevestig CoW het Maandag die polisiehoofkantoor in die middestad se kragtoevoer vir ’n ruk gesny.
Die kragtoevoer is na wat verneem word later daardie dag herstel ná die polisie vir die soveelste keer belowe het om op te dok.
Aanvanklik is vermoed die polisie het wel ’n gedeelte van die agterstallige rekening vereffen. Dit was toe nie die geval nie.
Teen gistermiddag het die polisie nog geeneen van dié ondernemings, wat hulle glo sedert veral November verlede jaar maak, nagekom nie, word verneem.
Só sê die polisie
Adj.komm. Kauna Shikwambi, nasionale polisiewoordvoerder, het gisteroggend ontken hul kragtoevoer is gesny.
“Dis nie waar nie. Ons het gister (Maandag) krag gehad en dit is steeds aan.”
Later gister het sy gesê sou die kragtoevoer wel Maandag afgesny gewees het, dra sy nie daarvan kennis nie.
“Ek was gister (Maandag) tot 18:00 hier (op kantoor) en vanoggend (Dinsdag) was ek 07:35 hier en daar was krag. So behalwe as dit oornag was. Ek sal met die toepaslike kantoor bevestig.”
CoW is die afgelope weke op ’n sending om skuldenaars, wat hulle glo bykans N$1 miljard skuld, vas te vat.
Talle skole in die hoofstad het reeds deurgeloop.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie