Polisie in Indonesië skiet bomplanter
’n Drukkokerbom het gister by ’n regeringsgebou in die stad Bandung in Indonesië ontplof, berig Reuters.
Die plaaslike polisie sê die aanvaller is daarna geskiet en ernstig gewond.
Volgens die polisie was die aanvaller, wat voorheen vir terreurdade gevonnis is, verbonde aan Jamaah Ansharut Daulah, wat bande met die Islamitiese Staat-groep (IS) het.
Daar was geen berigte van ander beserings weens die ontploffing nie.
Die polisie sê die man het op ’n motorfiets by die gebou aangekom en die drukkoker op ’n tafel in ’n binnehof geplaas.
Nadat die bom ontplof het, het die man in die gebou ingehardloop waar hy later deur polisielede geskiet is.
“Ons het ’n vuurwapen by hom afgeneem en die bomeenheid het beslag gelê op die man se rugsak en fynkam ook die gebied vir nog tuisgemaakte bomme,” het Anton Charliyan, Wes-Java se polisiehoof, aan ’n plaaslike televisiekanaal gesê.
“Die situasie is veilig, maar ons bly op ’n gereedheidsgrondslag en wil nie dinge onderskat nie.”
Die polisie meen die motief vir die aanval was om die owerhede te dwing om gevangenes wat in verband met terreurondersoeke in aanhouding is, vry te laat.
“Ons vermoed die aanvaller is deel van ’n ou netwerk, maar ons is nog besig om hom te identifiseer,” sê Charliyan.
Selfmoordbomaanvallers en skieters het in Januarie 2016 ’n aanval in Jakarta geloots, waarvoor die IS later aanspreeklikheid aanvaar het. -Netwerk24/Reuters/Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie