Polisie konfiskeer kerk se luidsprekers in Oshakati
Die polisie het luidsprekers wat aan die New Jerusalem Ministry in Oshakati se informele nedersetting Oneshila behoort, vandeesweek ná klagtes van rusverstoring gekonfiskeer.
Volgens inspekteur Thomas Aiyambo van die Namibiese polisie se skakelafdeling word die luidsprekers tydens preke gebruik.
Aiyambo het gesê die kerk is reeds verskeie kere deur die dorpsraad gevra om die geraas veral saans tot die minimum te beperk. Hulle het egter nie gehoor hieraan gegee nie en die polisie het gevolglik besluit om dit te konfiskeer,” het hy gesê.
Volgens ‘n vrou wat langs die kerk woon, was die geraas verlede jaar tydens skole se eindeksamens “oorweldigend”. Die kerk se dienste is Maandae, Woensdae en Vrydae van 21:00 tot 05:00 en Sondae van 06:00 tot 18:00. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie