Polisie kyk weer na Standard Bank-bedrogsaak
Die dossier in die saak waarin ’n werknemer van Standard Bank Namibia van bedrog aangekla is in verband met N$4 miljoen wat vermis word, is met nuwe instruksies teruggestuur na die polisie se ondersoekspan.
Hofdokumente wat aan Nampa beskikbaar gestel is, toon die 32-jarige Charles Manale het op Maandag 27 Maart voor landdros Alweendo Venatius in Windhoek se landdroshof verskyn. Tydens hierdie verskyning is Manale meegedeel dat die kantoor van die aanklaer-generaal nog nie ’n besluit in verband met die beweerde bedrogsaak geneem het nie.
“Ons het ’n mededeling van die aanklaer-generaal se kantoor ontvang wat aangedui het daar is ongeveer 26 punte wat die polisie se ondersoekspan moet ondersoek,” het staatsaanklaer Ntelamo Mabuku gesê.
Mabuku het gesê hierdie inligting moet by Standard Bank Namibia gekry word, en hulle het toegestem dat die saak tot 27 Junie uitgestel word vir verdere ondersoek en ’n moontlike besluit deur die aanklaer-generaal.
Daar is oor die uitstel van die saak ooreengekom tussen Mabuku en me. Meriam Kenaruzo, Manale se regsverteenwoordiger.
Manale is in hegtenis geneem ná hy homself aan die polisie oorgegee het op 28 Januarie 2016 ná hy op vlug was sedert 20 Desember 2015.
Volgens die klagstaat was hy ’n werknemer by Standard Bank Namibia se trustrekening-afdeling in Windhoek.
Manale bly intussen in aanhouding ná hy op 26 Mei 2016 borgtog geweier is. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie