Polisie meer doeltreffend met nuwe stelsel
Tanja Bause
Die Namibiese polisie het sy outomatiese biometriese identifikasiestelsel (N-ABIS) bekend gestel.
Die stelsel kan vingerafdrukke skandeer en onmiddellik met miljoene ander in N-ABIS vergelyk en identifiseer.
Dit is ontwerp vir die doeltreffende en doelmatige verwerking van gesig- en vingerafdrukerkenning. Dit beteken ook dat die maande lange gewag op gedragsertifikate iets van die verlede is omdat dit nou slegs twee weke gaan vat.
Die stelsel, wat in Namibië deur OTESA Company ontwikkel en ontwerp is, kos sowat N$40 miljoen en sal onder meer gebruik word om mense aan hulle vinger- en palmafdrukke te identifiseer.
Dit kan ook gebruik word om lyke in die lykhuis uit te ken en om te kyk of ’n persoon aan een of meer strafbare oortredings skuldig is.
“Die vorige stelsel het korrupsie toegelaat deur beamptes wat doelbewus die uitreiking van die polisiesertifikate vertraag het. Met N-ABIS sal ons die beamptes uitvang wat daaraan skuldig is en terselfdertyd die publiek vinniger en meer doeltreffend kan help,” het luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga gesê.
Volgens hom was daar baie lede van die publiek ontevrede met die vorige stelsel, waarmee hulle tussen ses maande en ’n jaar op die sertifikate moes wag.
“Studente het die polisieklaringsertifikate nodig om te gaan studeer en baie het hul kans gemis omdat ons nie in staat was om dit vinniger uit te reik nie,” het hy bygevoeg.
N-ABIS is sedert Vrydag by die polisiekantore in Windhoek, Katutura en Wanaheda beskikbaar en sal teen die einde van die jaar by alle polisiekantore landwyd in gebruik wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie