Polisie ondersoek beskadiging van Henties-galg
Aktiviste behoort teen Donderdag te hoor of Hentiesbaai se veelbesproke galg gaan bly of verwyder word.
Elvira Hattingh – Mnr. Herman /Honeb, Hentiesbaai se burgemeester, het 'n beroep op mense gedoen om die regte proses te volg as dit by die verwydering van dié kusdorp se galg kom.
Hy sê daar behoort teen Donderdag, wanneer die dorpsraad weer vergader, uitsluitsel te wees oor die toekoms van die galg.
Intussen ondersoek die polisie 'n saak van kwaadwillige beskadiging van eiendom, nadat daar Saterdag probeer is om die galg aan die brand te steek.
Volgens die polisie se misdaadverslag is daar Saterdag op 'n onbekende tyd van brandspiritus gebruik gemaak om die galg aan die brand te steek, maar die betrokke persone kon nie daarin slaag om die galg te laat vlamvat nie.
“Die verdagte(s) het ook probeer om die galg met 'n onbekende voorwerp af te kap, maar kon ook nie daarin slaag nie. Verder is vasgestel dat die tou van die galg verwyder is, vermoedelik deur dieselfde verdagte(s),” lui die misdaadverslag.
In die verslag word gesê die ondersoekspan kon nie vasstel watter voetspore aan die verdagte(s) behoort nie, omdat talle mense die toneel besoek het nadat video's van die voorval Sondag op sosiale media versprei is.
“Die verdagte(s) se motiewe is onbekend en die bewaarder van die galg het nog nie 'n saak aanhangig gemaak nie,” sê die polisie in die misdaadverslag.
Dit volg nadat die galg se tou verlede week ook soek geraak het.
Die EM Love Foundation wat dié beweging dryf, se stigter en uitvoerende hoof, me. Mavis Elias, het gister gesê hulle het nog nie antwoord van die munisipaliteit oor die petisie ontvang nie. Sy wou nie oor die beskadiging van die galg kommentaar lewer nie.
AGTERGROND
Die galg is weke lank reeds 'n omstrede besprekingspunt nadat aktiviste verbonde aan die welsynsorganisasie EM Love Foundation 'n versoekskrif begin het om dit te laat verwyder.
Die aktiviste het toe gesê indien hulle nie betyds 'n bevredigende reaksie van owerhede ontvang nie, sal hulle teen 28 Junie na Hentiesbaai reis om die galg self te verwyder.
Hul versoekskrif is eindelik 4 387 keer onderteken, terwyl 'n versoekskrif vir die behoud van die galg minder as 200 keer onderteken is.
Die galg is sowat 42 jaar gelede opgerig om besoekers op 'n humoristiese wyse te waarsku om nie die dorp of die strand te bemors of rommel te strooi nie.
Ofskoon die galg se boodskap uitsluitlik op morsjorse gerig is, bestempel aktiviste dit as 'n ongewenste simbool van rasse-onderdrukking.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het intussen ook sy steun aan die saak getoon toe dit op 18 Junie 'n publikasie deur Nishi Felton vrygestel het, waarin die geskiedenis aangehaal word om te toon dat die galg 'n simbool van 'n uiters traumatiese koloniale verlede in Namibië is – al is niemand ooit aan spesifiek Hentiesbaai se galg gehang nie
Talle inwoners meen aktiviste “skep hul eie rassekwessie” rondom die galg, terwyl die geskiedenis van die spesifieke baken dit nie regverdig nie.
Die gedenksteen aan die voet van die galg dui aan dat dit in 1978 opgerig is as “'n versoek om die dorp en die strande skoon te hou”.
Volgens 'n inskrywing op die Hentiesbaai Toerismevereniging se webblad het twee van die dorp se eerste permanente inwoners, mnre. Frank Atkinson en Willie Cilliers, dit in 1978 opgerig as 'n “vriendelike, tog ferm” waarskuwing vir morsjorse.
Die dorp se burgemeester het egter voorheen aan Republikein gesê hy is van mening daar is beter maniere om mense te kry om nie rommel te strooi nie en dat dié galg vir hom, persoonlik, geen goeie teken is terwyl gestreef word om 'n verenigde en versoende toekoms te bou nie. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie