Polisie ondersoek optrede van kerk in Katutura
Augetto Graig - Die Namibiese polisie doen tans ondersoek by die kerk van die Fountain of Living Waters Ministries in Freedomland, Katutura, waar ten minste 15 lidmate deur die nag aangehou is.
Die polisie het Sondagaand omstreeks tienuur toegeslaan nadat bekommerde familielede van lidmate die polisie ontbied het.
Volgens hoofinsp. Christina Van Dunem Dafonseka is Nampol gisteraand na die toneel ontbied toe familielede nie toegang tot hul kinders kon kry nie. Die kerk was toegesluit en die polisie moes die deur oopbreek om in te gaan.
In die proses is past. Jacques Sumpi lig beseer, het sy bevestig.
Sumpi sê hy weet nie hoekom hy geslaan is nie en hy weet ook nie hoekom hy geboei is.
Dafonseka sê die polisie het die kinders toegesluit in ? vraghouer op die perseel gevind en gaan voort met die ondervraging van lidmate.
Die burgemeester van Windhoek, mnr. Muesee Kazapua en die goewerneur van die Khomasstreek, me. Laura McLeaod-Katjirua, was ook vanoggend op die toneel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie