Polisie: Ouers moet kinders by water dophou
Drie tieners het die afgelope naweek glo ’n sestienjarige meisie verkrag.
Drie mense het die afgelope naweek in Namibië verdrink.
Vrydag het 'n elf maande oue babaseuntjie glo in 'n emmer water verdrink. Die voorval het tussen 14:00 en 15:00 by 'n huis op Karasburg plaasgevind. Sy ma het op sy lykie afgekom.
Aludilu Venodio (6) het Saterdag om 13:00 in 'n dam in die Epalela-nedersetting in die Omusatistreek verdrink terwyl hy geswem het.
Saterdag omstreeks 20:00 het mnr. Ambunda Tangeni (22) in die munisipale swembad in Katutura verdrink.
Hy het glo sy werk se jaareindfunksie bygewoon en daarná gaan swem toe die ongeluk gebeur het.
Die woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het 'n beroep op mense gedoen om versigtig te wees wanneer hulle in swembaddens, riviere of damme swem.
“Volwassenes wat alkohol gedrink het of nie kan swem nie, word aangeraai om die water te vermy. Ouers moet hul kinders dophou wanneer hulle in die water is om verdrinking te verhoed. Ons raai ouers ook aan om alle emmers met water toe te maak en weg te hou sodat klein kinders nie daarin val nie,” sê sy.
Moord
'n Angolese burger (31) het sy Angolese vriendin (39) glo tussen Saterdag en Sondag in die Oidiva-nedersetting vermoor.
Hy het haar glo verwurg en daarná gesê sy het op die bed gesterf en hy weet nie wat haar dood veroorsaak het nie.
Die polisie het die man later in verband met die vrou se moord in hegtenis geneem.
Me. Maria Jochem (31) se kêrel (31) het haar Saterdag tussen 22:00 en 23:00 glo met 'n mes doodgesteek.
Die voorval het in die Goreangab- informele nedersetting in Windhoek plaasgevind en die man is in hegtenis geneem.
Op die plaas Twawieses by Khorixas is me. Alberta Trunkhoeb (60) met 'n 303-geweer doodgeskiet.
Sy en 'n 58-jarige man het die geweer glo in die veld gevind. Hulle het die geweer glo probeer oorhaal om te kyk of dit nog werk toe die skoot afgegaan het.
Mnr. Mungendje Soul (39) is Sondag dood in sy tent by die Epalela Centurion Investment Holding-kamp in die Omusatistreek gevind.
Die man was glo die vorige nag om 20:00 in 'n bakleiery met vier mans by 'n sjebeen betrokke.
Hy is om 07:00 nog lewend by die kamp gesien en om 08:00 dood in sy tent aangetref.
Niemand is al in hegtenis geneem nie.
Saterdag om 09:00 is 'n baba se ontbinde lykie tussen die rommel by die Kupferberg-stortingsterrein gevind.
Die polisieondersoek duur voort.
Ongelukke
Vrydag is 'n onbekende man op die westelike verbypad doodgery.
Die ongeluk het om 04:40 plaasgevind en die bestuurder het glo weggejaag. Die polisie versoek dat mense met inligting oor die voorval na vore kom.
Sondag het 'n voertuig mnr. Ignatius Kapiringi (41) glo omgery terwyl hy Ondjambastraat in Mondesa wou oorsteek.
Hy is na die staatshospitaal op Swakopmund geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.
Die bestuurder (32) het van die toneel gevlug en is later deur die polisie opgespoor en in hegtenis geneem.
Mnr. James Shaanika (47) het glo Vrydag om 17:30 in die Eendobe-nedersetting van 'n bakkie afgeval.
Hy het op pad na die staatshospitaal op Outapi gesterf.
Mnr. Andries Nicolaaste (60) het Saterdag in die staatshospitaal op Keetmanshoop gesterf.
'n Man (23) wat by 'n motorwassery werk, wou glo 'n klein vragmotor wat hy klaar gewas het, buite die perseel parkeer.
Hy het teen 'n hekpilaar vasgery, wat op Nicolaaste geval het. Die man het nie 'n geldige rybewys nie.
Verkragting
Drie tieners van 16, 18 en 19 het 'n meisie (16) glo Saterdag om 01:50 op Hentiesbaai verkrag. Die drie verdagtes is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie