Polisie se hardhandigheid kry volle aandag
Meer as ’n honderd hofsake teen polisiebeamptes is steeds hangend.
Augetto Graig
’n Ontstellende video op sosiale media, wat wys hoe polisiebeamptes volwasse mans met latte slaan totdat hulle soos klein kinders huil, is die nuutste herhaling van ’n openbare protes tot optrede teen polisiehardhandigheid in Namibië.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het kort ná die verskyning van die video gesê dit stel haar in die verleentheid.
“Kom ek stel dit weer duidelik dat polisiebeamptes nooit aangemoedig word om lede van die publiek te brutaliseer, te verneder of aan te rand nie. Hulle word opgelei en aangemoedig om respek te betoon wanneer hulle met die publiek te doen kry, met professionaliteit, ywer en sorg te dien en om altyd burgers se menseregte in ag te neem,” het sy gesê.
“Nogtans is daar lede van die polisie wat aan onvanpaste gedrag deelneem. Wanneer dit gebeur, stel ons ondersoek in om die meriete van die saak vas te stel. In sommige gevalle is die brutaliteit ooglopend, soos in dié geval,” het sy gesê.
Sy het bevestig dat die voorval in die video in Junie vanjaar naby die Katima Mulilo grens in die Wenela-gebied van die Zambezistreek gebeur het. Sy het nie bevestig of die slagoffers Zambiese burgers is wat Namibië onwettig binnegekom het nie, maar sê die polisieleierskap het sedertdien aangedring op die uitkenning van die betrokke beamptes en dat hulle voor die gereg gebring moet word.
Shikwambi dring aan daar is ’n verskil tussen brutaliteit en aanranding, in haar vrystelling van statistiek oor polisiegeweld vanaf 2019 tot in 2020.
“Die sake wat die publiek teen Namibiese polisiebeamptes aanhangig gemaak het, is vir aanranding, nie vir enige vorm van brutaliteit nie,” sê sy.
“Die statistiek van 2019-2020 dui aan dat 116 sake geregistreer is, waarvan nege afgehandel is en 107 hangend is. In dieselfde tydperk is 56 lede ontslaan en 41 geskors,” sê sy.
“Elke saak wat teen polisiebeamptes geregistreer is, word ondersoek,” sê sy.
“Dit moet verstaan word dat sodra die ondersoek afgehandel is, die betrokke dossier dan aan die aanklaer-generaal gestuur word vir ’n beslissing of daar vervolg moet word of nie. Slegs nadat die AG tot ’n beslissing kom om te vervolg, sal die saak deur die hofproses geneem word.
“Die Namibiese polisie het geen beheer oor wat in die hof gebeur nie. In die geval dat die aanklaer-generaal besluit om nie te vervolg nie, is daar steeds die interne tugprosedure ingevolge regulasie 15 van die polisiewet, wet 19 van 1990,” sê sy.
Shikwambi erken dat polisiebeampte oor die jare vervolg is en skuldig bevind is. Sommiges is geskors en ander dien tronkstraf uit.
Die Namibiese polisie is ook betrokke by verskeie siviele eise deur landsburgers in verband met beweerde wandade deur polisiebeamptes, sê sy.
Vrae oor polisie-handhandigheid was reeds in die begin van vandeesmaand aan die polisie gestuur, nadat lede van Ganja Users of Namibia (GUN) en die Rastafari United Front (RUF) op 1 Augustus ’n optog deur die hoofstad gehou en ’n klagskrif hieroor oorhandig het.
Die groep meen hul lede en ondersteuners loop veral swaar onder polisie-handhandigheid deur. Hulle dring aan op meer ondersoeke van voorvalle, dat polisiebeamptes ophou burgerlikes aanrand en skiet sonder nagevolge, en dat slagoffers en hul naasbestaandes vergoed word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie