Polisie slaggereed vir plunder-planne
Elvira Hattingh - NamPol is op die spoor van aanhitsers wat op sosiale media dreig om môre (16 Julie) plaaslike inkoopsentrums te plunder en sê hulle is gereed om wet en orde handhaaf.
“Ons is gereed vir diegene wat sulke goed beplan en is op hul spoor – ons sal nie met hulle speel nie,” het hoofinsp. Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie so pas aan Republikein gesê. Hy sê ‘n ondersoek is van stapel gestuur en die plan is on diegene agter die sosiale media-boodskappe vas te trek.
Intussen is die polisie gereed vir enige gebeurlikhede.
Kuwinga het sakeondernemings aangeraai om sekuriteitsmaatreëls te verskerp en die publiek gemaan om hul van plundery te weerhou. “Die land sal seerkry, nie net in terme van die ekonomie nie, maar ook as dit kom by dié wat reeds sukkel om hul daaglikse brood te verdien of nie werk het nie. Almal sal swaarkry,” het hy gesê.
“Boonop is so ‘n aksie krimineel,” het hy gewaarsku. “Ons is ‘n vreedsame nasie, kom ons hou dit so.”
Hy het ook lede van die publiek bedank wat oor die algemeen inligting met die polisie deel en die dreigende boodskappe reeds na hulle toe aangestuur het. “Solank die polisie en lede van die publiek kan hande vat en saamwerk, sal ons sulke goed stuit, nog voor dit gebeur. Ons sê dankie vir die samewerking.”
FOTO: Só is daar die afgelope dae in Durban geplunder. Foto Reuters Africa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie