Polisie steeds sonder nuwe wiele
Jo-Maré Duddy – As voet by stuk in die huidige begrotingsplanne gehou word, sal die polisie vir nóg drie jaar sonder nuwe voertuie moet klaarkom.
Die minister van veiligheid en sekuriteit, genl.maj. (afgetree) Charles Namoloh, het onlangs tydens die motivering van sy begrotingspos in die parlement oor die tekort aan geld vir voertuie in sy ministerie gekla.
Geen voertuie kon die afgelope drie boekjare aangeskaf word nie, het hy gesê. Volgens Namoloh het 70% van die polisiemag se voertuigvloot die einde van hul lewensduur bereik. Om die vloot te onderhou, het toenemend “baie duur” geword en die mobiliteit van die polisie word benadeel, aldus Namoloh.
Volgens begrotingsdokumente wat in Maart deur die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, ingedien is, is geen geld vir voertuigaankope vir die polisie tot 2020-’21 beskikbaar nie. Item 102, wat voorsiening hiervoor maak, verskyn nie eens in veiligheid en sekuriteit se begroting nie.
Schlettwein sny sedert 2016-’17 veral die bedryfs- en voertuiguitgawes kwaai in ‘n poging om die begrotingstekort en die land se skuldlas na volhoubare vlakke te herstel. Die regering se totale begroting vir voertuie vanjaar is ‘n skrale N$11,9 miljoen vergeleke met N$45,1 miljoen verlede jaar en bykans N$92 miljoen in 2016-’17.
Personeel
Sy ministerie staar weens ‘n hoë personeelomset uitdagings in die gesig, het Namoloh gesê. Hy skryf dié stand van sake aan bedankings, aftrede, dood en afdankings toe.
Ondanks dié hoë omset het die ministerie die aanstelling van nuwe personeel gestop, buiten ‘n “paar vervangings in posisies van kritieke belang”.
Die ministerie se totale personeeluitgawes vir 2018-’19 word op sowat N$4,5 miljard geraam. Dit is ‘n verhoging van bykans 1,7% teenoor die vorige begrotingsjaar. Volgende jaar sal dit na verwagting met 3% tot sowat N$4,67 miljard styg.
Namoloh het voorts gesê die verskaffing van behoorlike behuising vir polisie in sekere gebiede bly ‘n ernstige uitdaging en is ‘n moeilike taak om te vervul.
“Die meerderheid van lede in uniform in stedelike gebiede, veral diegene met lae range, plak steeds in informele nedersettings – onder moeilike omstandighede – deurdat hulle nie toegang tot ordentlike behuising het nie,” het Namoloh gesê.
Die koste van huise is hoog en huur is buitensporig, sê hy.Diegene wat die landsgrense beman, slaap in tente en is aan gure weerstoestande en persoonlike risiko’s uitgelewer.
In vanjaar se ontwikkelingsbegroting in N$36 miljoen vir die oprigting van behuising vir die polisie opsy gesit.
Die totale begroting vir veiligheid en sekuriteit vanjaar is sowat N$5,17 miljard, ongeveer twee persent as in 2017-'18.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie