Polisie stuit taxi’s
Maria Eiseb – Die Namibiese polisie het gistermiddag ’n taxikonvooi van sowat 40 motors wat op pad was na die ministerie van werke en vervoer, se plan gefnuik.
Dít kom nadat die Namibië Vervoer- en Taxivakbond (NTTU) dié ministerie twee ure gegee het om op hul griewe te reageer.
Tydens ’n optog vroeër die dag het mnr. Werner Januarie, die NTTU-president, gesê hy werk nie vir Nabta nie en hoef nie aan hul bevele gehoor te gee nie.
Januarie wou gister weet hoekom Nabta – die Namibië Bus- en Taxivereniging – knaend inmeng wanneer die NTTU ’n betoging reël.
Tydens die taxistaking, wat gister openbare vervoer in die hoofstad in die wiele gery het, het Januarie skerp te velde getrek teen wat hy die bombardering van hul prosesse genoem het.
Volgens Januarie moet Nabta hom by sy eie bedrywighede bepaal en ophou sy neus in hul sake druk. “Tydens die vorige staking van die taxi’s het Nabta ook so gemaak en dit was deurmekaar, maar ons het daardie keer ook ’n klagskrif aan die ministerie van werke en vervoer oorhandig,” het hy gesê.
Mnr. Immaneul Sparks Gottlieb, ’n taxibestuurder, het gister gesê hulle loop onder druk van die stadspolisie deur.
Volgens Gottlieb is die stadspolisie die meeste van die tyd net op taxi’s se spoor. Te midde van ’n knellende ekonomie, lyk dit asof die polisie met ’n geldmaakagenda besig is, het hy gesê.
Januarie het gister ’n klagskrif aan die adjunk- permanente sekretaris van werke en vervoer, mnr. Kenapeta Kauaria, oorhandig en geëis dat daar spoedig met oplossings vorendag gekom word.
Van die eise sluit die vermindering van boetes en die implementering van ’n voorgenome 20%-verhoging van taxitariewe in.
Januarie het toe die regering gewaarsku dat die NTTU hom tot die howe sal wend as daar getalm word om met oplossings vorendag te kom.
In die klagskrif beskuldig Januarie die ministerie van onderdrukkende, outoritêre en diktatoriale gedrag.
Ná die oorhandiging van die petisie gisteroggend het Januarie gesê hulle gee die ministerie net twee ure om te reageer.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het gister in reaksie op ’n onlangse berig in Republikein gesê hy dra geen kennis van enige vorige griewe van Januarie en sy vereniging nie. Geen brief of versoek is tot dusver aan hom gerig nie, sê hy. “Ons is egter gereed om te luister na enige grief van ons belanghebbendes, insluitende die NTTU, om probleme op te los.”
Nadat die twee ure verstryk het, het ’n konvooi taxi’s in die rigting van die ministerie beweeg. Hulle is egter by die aansluiting van Mahatma Ghandi-straat en Hosea Kutako-rylaan deur die Namibiese polisie voorgelê.
Die polisie het op die motors beslag gelê en insleepdienste ontbied om die taxi’s te verwyder.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie