Polisie vind Maradona se horlosie
Polisie vind Maradona se horlosie

Polisie vind Maradona se horlosie

Dani Booysen
Guwahati, Indië – Die horlosie in die foto is pasgemaak vir die legendariese Argentynse sokkerster, wyle Diego Maradona, en is sowat N$400 000 werd.
In perspektief: Volgens beriggewing oor Namibië se Fishrot-skandaal was van die beskuldiges ook lief vir peperduur chronograwe. Een van die Rolex’e waarop owerhede in die saak beslag gelê het se waarde is glo N$500 000.
Die polisie in Indië het vandag bekendgemaak het hulle Maradona se horlosie herwin het. ‘n Verdagte uit Dubai is in hegtenis geneem in verband met die diefstal.
Die Switserse Hublot-horlosie is by Wazid Hussain gevind.
‘n Foto van die sokkerster is op die agterkant gegraveer en die horlosie vertoon Maradona se handtekening en sy truinommer, 10.
Die beskuldigde ontken die aantygings en sê hy het na Indië gereis om sy siek vader te besoek.
Die 37-jarige Hussain werk sedert 2016 as ‘n sekuriteitswag by ‘n onderneming in Dubai waar Maradona-memorabilia gestoor word.
Storie en foto: Nampa/AFP

Kommentaar

Republikein 2025-04-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer