Polisie vra hulp met onopgeëiste lyke
Die polisie is dringend op soek na die families van twee onbekende mans wie se liggame nog nie by Windhoek se lykshuis opgeëis is nie.
Die 84-jarige mnr. Jolonimus Haivela se liggaam is in 'n sinkhuis op erf 88/1 in Akapekastraat in die Babylon- informele nedersetting in Windhoek gevind.
Haivela was Oshikwanyamasprekend en is in die Omatunda-nedersetting in die Ohangwenastreek gebore.
Mnr. Kandjeka Paulus (44) het homself glo agter die NamPower-kragstasie in die noordelike nywerheidsgebied in Windhoek gehang.
Hy was geklee in 'n blou oorpakbroek, 'n blou T-hemp van die Universiteit van Namibië (Unam) en het tekkies aangehad.
Enige familielede of vriende van Haivela en Paulus word versoek om dringend met die polisielykshuis in verbinding te tree of die polisie by (061) 209-4307 te skakel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie