Polisie vra publiek moet waaksaam wees
Padgebruikers moet op hul hoede wees op nat paaie en hul padgedrag daarby aanpas, vra die owerhede.
Altesaam agt mense het die afgelope naweek verdrink.
Die meeste van dié voorvalle was in die Ohangwena- en Omusatistreek.
Die oudste slagoffer was 79, en die jongste twee jaar oud.
Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adj. komm. Kauna Shikwambi, doen die polisie ’n beroep op alle Namibiërs om versigtig te wees naby water of plekke wat oorstoom het.
“Mense word versoek om nie deur riviere of waterpoele te loop of met ’n voertuig daardeur te ry voor hulle nie die diepte van die water vasgestel het nie. Mense onderskat dit, wat dikwels na verdrinkings lei. Neem liewers ’n ander roete en wees veilig. Ouers moet hul kinders afraai om in water te speel – veral kinders wat nie kan swem nie,” sê sy.
Die liggaam van die sesjarige Julia Junias is Vrydag om 17:00 in die Oyongo-nedersetting in ’n waterpoel gevind.
Sy is as vermis aangemeld toe sy nie ná skool tuis opgedaag het nie.
Me. Magdalena Daniel (39) se lyk is Saterdag in ’n kamer vol water gevind.
Dié voorval het in die Omatwadiva-nedersetting in die Omusatistreek plaasgevind.
Die liggaam van mnr. Sakeus Kashimbode (79) is Saterdag om 16:00 in ’n gronddam in die Onekwaya-Wes-nedersetting gevind.
Hy is Vrydagaand laas lewend gesien.
Me. Moshivasha Shambanga, ’n Angolese burger, se lyk is Sondag om 08:30 in die waterkanaal in die Omangolowani-nedersetting in die Omusatistreek gevind.
Sy is die vorige dag om 18:00 laas in die Okatambo-nedersetting in Angola gesien. Sy het vermoedelik in Angola verdrink waarná haar liggaam deur vloedwaters Namibië toe gespoel het.
Sondag om 11:00 is mnr. Natangwe Nghishitongo (37) se liggaam in ’n waterpoel by sy huis in Oshikango gevind.
Mnr. Wilbard Shaanika (34) het in ’n gronddam in die Ethiya-nedersetting in die Omuntele-omgewing verdrink. Hy het sy huis glo in die oggendure verlaat en nie teruggekeer nie. Ná ’n soektog is sy lyk dieselfde dag om 17:00 gevind.
Die tweejarige Apiniel Gustav se liggaam is Sondag om 18:00 in ’n waterput in die Okanwa-nedersetting gevind.
Rauna Gabriel (13), wat met gestremdheid geleef het, het Sondag om 17:00 in ’n emmer water verdrink. Haar ma het haar glo alleen in die huis gelos en na beeste gaan soek. Met haar terugkeer het sy haar dogter se lyk in die huis aangetref.
Ongelukke
Sewe mense het die naweek in ongelukke gesterf.
“Ons kan nie die reën beheer nie, maar ons kan ons bestuurvernuf beheer, aanpas en verander. Die reënerige weer veroorsaak dat paaie glad is en dit is duidelik ons kan nie voortgaan om soos normaal te ry nie. Motoriste word dus aangemoedig om stadiger te bestuur, hul volgafstande te vergroot, hul hoofligte altyd aan te skakel en ekstra versigtig te wees,” sê Shikwambi.
Vrydag het mnr. Nestroy Jesays (46) gesterf toe die voertuig omgeslaan het wat hy bestuur het.
Die ongeluk het om 00:00 op die grondpad tussen Ongwediva en Omatando plaasgevind.
Drie mense het Vrydag om 11:15 in ’n ongeluk op die hoofpad tussen Outjo en Otjiwarongo gesterf toe die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en dit omgeslaan het.
Twee mense het op die toneel gesterf terwyl ’n derde persoon later in die hospitaal omgekom het.
Die slagoffers is mee. Weldrud Hoses (20) en Bernadette Sannies (47), en mnr. Tsibeb Christian (47). Nog twee mense is met beserings in die hospitaal opgeneem.
Mnr. Josef Petrus (39) is Saterdag om 01:30 op Hentiesbaai dood.
Sy voertuig het die pad glo verlaat en hy het teen ’n huis se grensmuur gebots.
Hy is glo uit die voertuig geslinger en het op die toneel gesterf. Hy was alleen in die voertuig.
Die lyk van ’n man is Saterdag langs die Grünau-pad gevind. Volgens die polisie is hy deur ’n voertuig gestamp. Die liggaam is nog nie geïdentifiseer nie.
Mnr. Germanus Kambomo (48) is op die hoofpad tussen Tsumeb en Oshivelo deur ’n voertuig gestamp en het op die toneel gesterf.
Die voorval het Sondag om 20:25 plaasgevind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie