Polisiebaas besing Operasie Kalahari se lof
Mense kan vergeet dat die weermag aan ’n teenmisdaadveldtog onttrek word, sê lt.genl. Sebastian Ndeitunga.
Denver Kisting – Dis jammer ’n lid van die publiek het tydens die operasie gesterf, maar die veldtog duur voort.
Só het die nasionale polisiebaas, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, gister pres. Hage Geingob se vroeëre standpunt geëggo.
Eweneens, het Ndeitunga dié week op ’n polisieparade gesê, gaan die weermag nie aan Operasie Kalahariwoestyn onttrek word nie.
Hy het statistieke bekend gemaak wat wys misdaad het geleidelik onder Kalariwoestyn se voorganger, Hornkranz, begin daal toe dié veldtog in November verlede jaar van stapel gestuur is.
Dit is beduidend, sê Ndeitunga, dat misdaad skielik in Maart vanjaar gestyg het toe Hornkranz vir ’n rukkie opgeskort is.
Tussen 11 Mei, toe Kalahariwoestyn gebore is, en 31 Mei is 871 mense vir ernstige en minder ernstige misdade aangekeer, sê Ndeitunga.
In dié tydperk het die owerhede op 965 gevaarlike wapens beslag gelê, sê hy.
Hulle het ook onwettige dwelms ter waarde van nagenoeg N$281 495 gekonfiskeer en 39 stuks vee met ’n waarde van N$113 600 teruggevind.
Die owerhede het in dié drie weke 1 747 dagvaardings ten bedrae van N$1 809 800 uitgereik.
Ndeitunga het gesê die vrede en bestendigheid wat Namibiërs sedert 1990 geniet, het in die gedrang gekom.
Huisbraak, diefstal, roof, verkragting, moord “en allerlei verskriklike misdade word op ’n daaglikse grondslag gepleeg,” sê hy.
“Daarom kan ons as wetstoepassers nie net waarneem en ons hande vou nie.”
Hy het ’n beroep gedoen op die land se inwoners en besoekers om die veldtog te omarm.
Diegene wat ongemaklik is met die operasie moet eerder by die owerhede aansluit en kragte saamsnoer “sodat ons saam ons land een van die veiligstes in Afrika, indien nie die wêreld, kan maak”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie