Polisiebase lê tuig neer
Twee streekbevelvoerders het einde April die mag verlaat.
Denver Kisting – Dinsdag 30 April was komm. Silvanus Nghishidimbwa, bevelvoerder van die Khomasstreek, en sy eweknie van ||Kharas, komm. Rudolf Isaak, se laaste werksdag as polisiebeamptes.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, die waarnemende bevelvoerder van die Namibiese polisie se skakelafdeling, sê die mag het die afgelope week van dié twee veterane afskeid geneem ná hul jare lange bydrae tot die bekamping van misdaad.
Sy sê lt.genl. Sebastian Ndeitunga, die inspekteur-generaal, het tydens die mans se afskeid gesê hy is trots op hul toewyding en die diens wat hulle aan die land gelewer het.
Ndeitunga het gesê Nghishidimbwa en Isaak tree met eerbied en waardigheid uit.
“Die Namibiese polisiemag is eweneens geëerd om grootliks te kon voordeel trek uit hul bekwame leierskap en bestuurstyl, en wens hulle ’n vreedsame en ontspanne aftrede toe.”
Shikwambi sê in ’n verklaring Nghishidimbwa was 29 jaar lank in die polisiediens terwyl Isaak sedert 1980 in die mag was.
Komm. Joseph Shikongo volg vir Nghishidimbwa op terwyl Isaak deur komm. David Indongo opgevolg word, sê Shikwambi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie