Polisiebeampte skiet per ongeluk kind
Polisiebeampte skiet per ongeluk kind

Polisiebeampte skiet per ongeluk kind

Henriette Lamprecht
‘n Polisiebeampte het Donderdag in die vroeë oggendure per ongeluk ‘n kind naby die landdroshof in Katutura doodgeskiet. Die voorval het omstreeks 03:00 plaasgevind. Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die Khomasstreek, adj. komm. Silvanus Nghishidimbwa wou die polisiebeampte honde skiet, maar het die koeëls ‘n nabygeleë sinkhuis getref waar ‘n ma saam met haar twee kinders bly. Die vrou en albei haar kinders is beseer en een van die kinders is dood. Die polisiebeampte het homself oorgegee en die ondersoek duur voort. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer