Polisiebeamptes vas vir korrupsie
Die Namibiese Teenkorrupsiekommissie (ACC) het drie polisiebeamptes in hegtenis geneem, nadat hulle glo omkoopgeld van onwettige buitelanders geëis het. Mnre. Erastus Hashipala, Gilbert Owoseb en Pinehas Ikanda is konstabels verbonde aan die Wanaheda-polisiekantoor en het reeds in die landdroshof in Katutura verskyn. Hashipala en Owoseb is tydens 'n lokval op 13 Januarie 2022 in hegtenis geneem, terwyl Ikanda die volgende dag vasgetrek is. Die drie het glo tussen N$1 000 en N$3 000 van tien buitelanders ontvang. Hulle moet weer op 30 Maart in die hof verskyn.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie