'Polisiegeweld' op Tsumeb ondersoek
In 'n video word verhoorafwagtende gevangenes glo deur beamptes van die Tsumeb-polisiekantoor aangerand.
Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het vandeesweek gereageer op beweerde hardhandige optrede deur polisiebeamptes by die Tsumeb-polisiekantoor wat op video vasgevang is.
Hy sê 'n voorlopige ondersoek is van stapel gestuur.
In 'n mediaverklaring wat Woensdag uitgereik is, werp Ndeitunga lig op die gebeure wat gelei het tot die skynbare aanranding wat op die beeldmateriaal gesien kan word.
In die video, wat in die sosiale media die ronde doen, word verhoorafwagtende gevangenes glo deur beamptes van die Tsumeb-polisiekantoor aangerand. Dié gevangenes staan tereg op onderskeidelik die besit van en handel in dwelms, aanranding met die doel om ernstig te beseer en moord.
Ndeitunga het intussen 'n ondersoekspan na Tsumeb gestuur. Die voorlopige bevinding is dat gerugte op die oggend van 4 Mei die ronde gedoen het dat dagga by een van die selle ingesmokkel word.
Op grond van hierdie inligting het die polisie die selle deursoek en dagga en 'n selfoon gevind. Later dié dag, omstreeks 18:00, toe die polisiebeamptes vir die groep in dié sel aandete gebring het, het die gevangenes hulle oorrompel en een het uit die sel gehardloop om iets uit die asdrom te haal.
Die polisiebeamptes het hom gevolg en gesien hoe hy iets in 'n plastieksak uit die asdrom haal. 'n Bottel whisky is later in die plastieksak gevind.
Verder word beweer die verhoorafwagtendes het dit reggekry om 'n selfoon by die aanhoudingselle in te smokkel, wat hulle gebruik het om die video mee te neem.
Die gevangenes wat aangerand is, is na die hospitaal vir mediese behandeling geneem. Twee klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, is teen die beamptes aanhangig gemaak.
Die voorval volg kort op 'n video wat in die sosiale media versprei is waarin 'n polisiebeampte by die Khorixas-polisiekantoor klaarblyklik 'n vrou aanrand.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het destyds Ndeitunga se standpunt beaam, en gesê: “Polisiebeamptes het onder geen omstandighede die mag om enige lid van die publiek aan te rand, te mishandel of te verneder nie.”
Sy het egter bygesê mens moet in gedagte hou polisiebeamptes kry soms te doen met hoogs besope, oproerige en halstarrige mense wat, sonder uitlokking, die beamptes aan diens beledig en selfs aanrand.
Shikwambi het vroeër 'n beroep op die publiek gedoen om begrip te hê vir die wetstoepassingsagentskappe se pogings om te verseker dat wet en orde, veiligheid en sekuriteit in ons land as geheel seëvier.
“Wetteloosheid, die ondermyning van gesag, belemmering dat beamptes hul pligte uitvoer en enige onsedelike gedrag sal nie geduld word nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie