Polisielede rand maats glo aan
Namibië het die afgelope naweek opnuut gesteier onder ’n vlaag van geslagsgegronde geweld.
Denver Kisting - ’n Hoogswanger vrou is een vier vroue wat verlede week glo deur hul polisiebeampte-lewensmaats aangerand is.
Borgtog is gisteroggend in die Mariental-landdroshof geweier toe konst. Samuel Jantze (30) ’n eerste verskyning op verskeie klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer gemaak het.
Adj.komm. Eric Clay, koördineerder van misdaadondersoeke in die Hardapstreek, het gistermiddag aan Republikein gesê die 25-jarige vrou is tans agt maande swanger.
Sy is glo verskeie kere deur Jantze met die vuiste en met ’n polisiegordel getakel.
Hy het ook die afgelope naweek glo eiendom in haar kamer beskadig wat hy beweer aan hom behoort.
Jantze is verbonde aan die Mariental-polisiekantoor, het Clay voorts gesê.
Hy word ook daar aangehou.
Volgens adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nasionale polisiewoordvoerder, is Jantze en die vrou in ’n romantiese verhouding.
In ’n skokwending verneem Republikein die vrou het Sondag die saak teen haar minnaar probeer teruggetrek.
Dít is nie gedoen nie en die hof het gelas hy moet formeel om borgtog aansoek doen.
In dieselfde week wat ’n polisiebeampte volgens hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, sy eksmeisie doodgeskiet het, het vier ander geregsdienaars glo ook gewelddadig met húl lewensmaat geraak, het Kanguatjivi gister bevestig.
Dít kom nadat die aktivis en akademikus, mnr. Job Amupanda, gisteroggend reeds dié inligting met die media via WhatsApp gedeel het.
Tussen Vrydag en Sondag is ’n totaal van 11 gevalle van geslagsgegronde geweld by die polisie aangemeld, het Kanguatjivi gister gesê.
Vrydagaand is ’n konstabel by ’n nagklub op Koës in die Suide aangekeer nadat hy sy vrou na bewering aangerand het.
’n Polisie-inspekteur is Vrydagoggend in die hoofstad in hegtenis geneem nadat hy glo gedreig het om sy vrou te vermoor én haar op sosiale media aan die kaak te stel.
Dit is nie duidelik wat hy op sosiale media wou ontbloot nie.
In die vierde voorval is ’n adjudantoffisier Saterdagnag by die Enkelkwartiere in Katutura aangekeer weens aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Die man het sy meisie en dogter glo aangerand en gedreig om hulle dood te maak.
Volgens Shikwambi het sers. Samuel Nghihepa verlede Woensdag sy eksmeisie, me. Alina Kakehongo, in ’n plaaslike supermark in Windhoek-Wes met sy dienspistool afgemaai en daarna sy eie lewe geneem.
Nghihepa het glo gesukkel om te verwerk dat hul verhouding op die rotse was.
Môre (Woensdag) word ’n optog deur Windhoek se strate beplan om die publiek van dié maatskaplike euwel bewus te maak.
Volgens een van die plaaslike dryfvere agter die #TOTALSHUTDOWN International Women’s-betoging, me. Alna Dall, ruk Namibië saam met Botswana, Lesotho en Suid-Afrika teen geweld teen vroue op.
Volgens haar het die veldtog onder meer ten doel om owerhede aan te moedig om veilige hawens vir vroue en ander weerlose minderhede op te rig.
Henriette Lamprecht berig die polisie het nog geen vordering gemaak in die soektog na die moordenaar van ’n vrou wat in die Suide met ’n klip verbrysel is nie. Die 32-jarige Imelda Rooi is vermoedelik Vrydagaand of in die vroeë oggendure van Saterdagoggend vermoor.
Rooi se bebloede liggaam is deur lede van die publiek buite Grünau in bosse by ’n staanplek vir duimgooiers gevind.
Volgens die koördineerder van misdaadondersoeke in die ||Kharasstreek, adj. Komm. Chrispin Mubebo, is niemand al in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Mubebo wou hom ook nie uitlaat oor of Rooi ook verkrag is nie.
“Dit vorm alles deel van die ondersoek en ons wag op die nadoodse ondersoek om te bepaal of dit wél die geval is,” het Mubebo gesê.
Intussen is ’n buitelandse pastoor van die Osire-vlugtelingkamp agter tralies nadat hy twee sussies na bewering vir etlike maande verkrag het. Die 40-jarige pastoor word daarvan beskuldig dat hy die sussies, van onderskeidelik 10 en 12 jaar oud, glo van Maart af verkrag het.
Volgens die polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die pastoor die meisies glo gereeld na sy kamer laat kom.
“Hy het hulle na sy kamer toe geroep, waar hy hulle glo verkrag het. Die man het elke keer daarna vir hulle ’n geldjie gegee,” het Mbeha gesê.
Volgens haar het die sussies se ma onraad begin vermoed toe die kinders gereeld geroep is en dan “nie gou weer terugkom nie”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie