Polisieman skiet eks glo
'n Polisiebeampte sal Maandag in Walvisbaaise landdroshof op klagte van poging tot moord verskyn ná hy gister glo sy eksmeisie met sy dienspistool geskiet het.
Volgens 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, insp. Kauna Shikwambi, het die voorval omstreeks 16:20 in Tornyn Geseritstraat in die Kuisebmund-woonbuurt plaasgevind.
"'n Polisiebeamte wat aan diens was, het met sy dienspistool sy 22-jarige eksmeisie gewond. Na bewering het die vrou gisteroggend 'n aanrandingsaak teen hom by die Tutaleni-polisiekantoor aanhangig gemaak," het Shikwambi gesê.
"Die polisielid is in hegtenis geneem nadat hy homself oorgegee het."
Shikwambi sê die vrou is na die Windhoek-staatshospitaal gehaas waar sy in 'n kritieke, maar stabiele toestand is.
Sy beklemtoon dat hierdie voorval geen verbintenis met Operasie Kalahariwoestyn het nie.
Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie