Polisieondersoek na Swapo-partytjie 'vorder'
Die senior beampte gemoeid met die saak van die beweerde verontagsaming van die noodtoestandregulasies deur Swapo-leiers sê hulle is steeds besig.
Denver Kisting - Komm. Nelius Becker, die hoof van die polisieafdeling gemoeid met ernstige misdaad, sê die ondersoek na Swapo-leiers wat glo die noodtoestandregulasies oortree het, is nie ingewikkeld nie.
Op 'n vraag oor hoe die ondersoek vorder, het die senior beampte gisteroggend by navraag gesê: “Ons is nog besig. So, ons kan nie nou iets sê nie.”
Hoewel hy toegegee het dit is geen omslagtige ondersoek nie, skryf hy die slakkepas toe aan die baie hooi op die polisie se vurk.
“Nee wat (dit is nie omslagtig nie). Dis net ons het 'n bietjie baie goed – veral ek.”
Becker het onderneem om sodra die ondersoek voltooi is terugvoering te gee. “Ons sal iets laat weet wanneer ons klaar is.”
Leiers van twee opposisiepartye, die Popular Democratic Movement (PDM) en die Landless People's Movement (LPM), het verlede maand strafregtelike klagte by die polisie aanhangig gemaak.
Dit kom nadat Swapo onder leiding van pres. Hage Geingob die regerende party se sestigste verjaardag in die hoofstad gevier het.
Dit is as 'n verontagsaming van die regering se regulasies gesien – enersyds omdat daar meer as tien mense teenwoordig was wat neerkom op 'n massasaamtrek.
Daarnaas is Geingob ook daarvan beskuldig dat hy nie sosiale afstand gehandhaaf het nie.
Op een van die foto's van die saamtrek hou hy oudpres. Hifikepunye Pohamba se hand vas.
Geingob het later in die sosiale media laat weet hy het ná die geleentheid op die foto gesien Pohamba het aan sý hand gevat.
Die president was vroeër ook in die sop omdat honderde gaste sy inhuldiging op 21 Maart by Staatshuis bygewoon het.
Die politieke ontleder en uitvoerende direkteur van die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR), mnr. Graham Hopwood, het kort nadat nuus oor die verjaardagpartytjie rugbaar geword het, gesê: “Ek dink die Swapo-party moet erken hulle het 'n fout begaan en om verskoning vra vir wat gebeur het. Indien hulle dit nie doen nie, blyk daar een stel reëls te wees vir die politieke elite en 'n ander stel vir almal anders.”
Wat op Sondag 19 April gebeur het, is teenstrydig met die beroep wat die staatshoof op Namibiërs doen om die pandemie te probeer beveg, het Hopwood gesê. “Dit gaan heeltemal teen die president se pleidooie vir Namibiërs om saam te werk en in dieselfde rigting te beweeg wat die stryd teen Covid-19 betref.”
Die IPPR het sedertdien probeer om by wyse van 'n onafhanklike feitesending vas te stel presies hoeveel mense die verrigtinge bygewoon het. Hopwood sê hulle bevindings sal spoedig bekend wees.
Mnr. Austin Samupwa, Swapo se uitvoerende direkteur, wat die seremoniemeester by die verjaardagverrigtinge was, het voet by stuk gehou daar was nét tien mense by die amptelike vieringe.
Hulle was Geingob, Pohamba, visepresident Nangolo Mbumba, Swapo se sekretaris-generaal, me. Sophia Shaningwa, eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila, die adjunk- eerste minister Netumbo Nandi-Ndaitwah, die speaker, prof. Peter Katjavivi, twee veterane en hy wat Samupwa is, voer Samupwa aan.
Toe aan hom uitgewys is volgens foto's het minstens een van Geingob se lyfwagte ook die vieringe meegemaak, het hy gesê: “Daar is mense wat nie in my mag is om te beheer nie. Hulle is noodsaaklike werkers.”
Lede van die media was ook daar omdat die pers 'n geraas maak as hulle uitgesluit word, sê Samupwa.
IMMUUN
Mnr. Norman Tjombe, 'n Windhoekse prokureur, het vroeër verduidelik Geingob geniet kragtens die Grondwet immuniteit teen strafregtelike vervolging en siviele dagvaarding. Die ander mense wat die verjaardagpartytjie bygewoon het, mag wel voor 'n hof gedaag word, het Tjombe gesê.
Onder fase 2 van die noodtoestandregulasies word massasaamtrekke (met meer as tien mense) steeds verbied. Sosiale afstand moet ook steeds gehandhaaf word.
Dié fase loop na verwagting einde vandeesmaand ten einde.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie