Polisievroue verras bejaardes
Polisievroue verras bejaardes

Polisievroue verras bejaardes

Tanja Bause
Tanja Bause - Sowat 25 lede van die Namibiese polisie se direktoraat van opleiding en ontwikkeling se vrouenetwerk het Woensdag besoek by bejaardes van die Katutura-ouetehuis in Windhoek gaan aflê.

Elk van dié vroue dra maandeliks 'n bedrag geld by tot ’n fonds wat gebruik word om verskillende organisasies te verras.

Die Katutura-ouetehuis is die groep vroue se eerste begunstigde.

Elk van die bejaardes het ’n kombers ontvang, terwyl die polisievroue in die kombuis by die Israel Patrick Iyambo-opleidingskollege sop en vetkoek gemaak het en vir die oues uitgedeel het. Saam-saam het die vroue en die bejaardes ook liedjies gesing.

“Dit is so ’n mooi gebaar en baie lekker om so vrolik saam met hulle te sing. Ons kan doen met ’n bietjie musiek hier,” het ouma Rose van Zyl gesê.

Ouma Dora Barns het vertel haar hele gesin is in die polisiemag in Namibië en Suid-Afrika werksaam en dit het vir haar gevoel of haar familie by haar was.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer