Polisiewoordvoerder werp lig op Khorixas-aanrandingsvideo
Die polisie se skakelafdeling moes vure doodslaan ná die verspreiding van 'n omstrede video waarin 'n polisiebeampte by die Khorixas-polisiekantoor 'n vrou aanrand.
Die nasionale polisiewoordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, het in 'n nuusverklaring gereageer op die video in die sosiale media waarin 'n polisiebeampte by die Khorixas-polisiekantoor klaarblyklik 'n vrou aanrand.
Shikwambi het die nasionale polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, se standpunt beaam: “Polisiebeamptes het onder geen omstandighede die mag om enige lid van die publiek aan te rand, te mishandel of te verneder nie.
“Inteendeel, die beamptes word opgelei en aangemoedig om respek en hoflikheid te betoon en die publiek met simpatie en professionalisme te behandel en altyd hul menseregte in ag te neem. As 'n grondwetlike demokratiese land word Namibië deur die oppergesag van die reg bestuur en die polisie is geen uitsondering nie.”
Die gedrag in die video wat op sosiale media die ronde doen, is skandalig en word ten sterkste veroordeel, want gewelddadige gedrag van polisiebeamptes of enige iemand anders is onaanvaarbaar, het sy bygevoeg.
Sy het egter bygesê mens moet in gedagte hou dat polisiebeamptes, veral diegene wat in die misdaadvoorkomingsafdeling werk, soms te doen kry met hoogs besope, oproerige en halstarrige mense wat, sonder uitlokking, die beamptes aan diens beledig en selfs aanrand.
WAT GEBEUR HET
Op 19 April, omstreeks 23:00, is 'n groep mense deur polisiebeamptes aan diens betrap waar hulle alkohol drink en waterpyp rook by die “Damara Mall” in Khorixas.
Aangesien dit reeds ná die aankloktyd was en die kroeë toe was, het die beamptes die groep genader, hulself voorgestel en hulle gevra wat hulle daar doen.
Skielik het die groep glo wanordelik begin optree en vir die beamptes gesê die aandkloktyd is eers om middernag. 'n Man wat “General” genoem is en glo fisiek gestremd is, het die polisiebeamptes begin beledig deur hulle “dom” te noem en vir hulle te sê hulle moet “voertsek”.
'n Beampte het hulle gevra om die beledigings te staak en in die vangwa te klim sodat hulle na die polisiekantoor geneem kan word om aangekla te word vir die oortreding van die Covid-19 regulasies. Die groep het nie die instruksies gehoorsaam nie, maar het wel uiteindelik geluister nadat hulle gevra is om na die polisiekantoor te ry.
Daar gekom, het “General” se broer aggressief begin optree en geweier om die polisiekantoor binne te gaan, terwyl “General” 'n vroulike polisiebeampte gestamp en beledig het. Uiteindelik het die beamptes daarin geslaag om die broer na die aanklagkantoor te neem, maar 'n vrou wat na bewering sy meisie was, het ingekom en geskree die beampte moet haar kêrel uitlos, waarna sy video's begin neem het en die vroulike beamptes “vreeslike” beledigings toegesnou het.
Die skofbevelvoerder het tussenbeide getree, maar “General” het hom met die vuis geslaan terwyl die vrou die bevelvoerder gestamp en sy arm gekrap het. Toe sy hom vir die tweede keer stoot, het hy haar geklap, waarna die situasie verder handuit geruk het.
INTERNE ONDERSOEK
Twee sake is aanhangig gemaak – een van aanranding, sowel 'n saak van die aanranding van 'n polisiebeampte, crimen injuria en oortreding van die wet op openbare en omgewingsgesondheid.
Die interne ondersoekafdeling is glo reeds besig om die voorval verder te ondersoek.
Shikwambi het 'n beroep op die publiek gedoen om begrip te hê vir die wetstoepassingsagentskappe se pogings om te verseker dat wet en orde, veiligheid en sekuriteit in ons land as geheel seëvier.
“Wetteloosheid, die ondermyning van gesag, belemmering van beamptes in die uitvoering van hul pligte en enige onsedelike gedrag sal nie geduld word nie.
“Dit is noodsaaklik dat die gemeenskappe saamwerk en die owerhede respekteer, net soos ons, die wetstoepassers, alles in ons mag sal doen om ons betrokke gemeenskappe te dien en respekteer.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie