Politieke woelinge bedreig olieprys
Vir die eerste keer in drie jaar is die grootste bekommernis in die oliemark nie dat daar te veel voorraad is nie.
Nét toe produksie deur die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) teruggesny is en sy bondgenote uiteindelik ’n surplus opgebruik het wat die olieprys al sedert 2014 afgedruk het, het ’n politieke krisis die organisasie se drie grootste lidlande getref.
Eers was dit die geskil tussen die Irakse regering en sy Koerdiese bevolking wat opnuut uitgebars het en olie-uitvoer bedreig het. Toe laai spanning tussen pres. Donald Trump van die VSA en Iran op wat daardie land se oliehandel in gevaar stel.
Maar die grootste kommer spruit uit twee gebeurtenisse in die wêreld se grootste ruolie-uitvoerder: Saoedi-Arabië.
Die koninkryk beleef tans ’n politieke suiwering wat opposisie binnelands kan aanwakker, terwyl hy op buitelandse vlak druk op Iran, een van sy vernaamste teenstanders, toepas.
Hoewel ontleders nie enige onmiddellike ontwrigting in die oliemark verwag nie, is die verskaffing van olie uit Saoedi-Arabië so deurslaggewend dat die verhoogde risiko die prys van ruolie tot sy hoogste vlak in twee jaar opgestoot het.
“Een uit elke nege vate olie wat in die wêreld geproduseer word, kom uit Saoedi-Arabië. Wat ook al in Saoedi-Arabië gebeur, is in werklikheid ’n omwenteling vir die wêreld van olie,” sê Paolo Scaroni, visevoorsitter van NM Rothschild & Sons en voormalige uitvoerende hoof van die Italiaanse oliereus Eni SpA.
Oliepryse is sedert die Islamitiese Staat se opmars deur Irak in 2014 nog nie weer deur politieke woelinge in die Midde-Ooste geskud nie. Destyds het die prys tot US$120 per vat opgeskiet.
Die lopie is egter gou beëindig toe die stygende produksie van skalie-olie in die VSA ’n oormaat voorraad tot gevolg gehad het. Dit het Opul en Rusland, wat vir ’n lang tyd mekaar se opposisie in die oliemark was, se gesamentlike pogings geverg om die oorskot weg te werk.
Die woelinge in drie van Opul se vyf stigterslede kvind plaas net toe die pogings begin vrugte afwerp het om die wêreldwye oorskot te verminder.
Tot die helfte van die surplus is reeds weggewerk en dit maak ruoliepryse sensitiewer vir risiko.
Woelinge skep hernude spanning
Die prys van Brent-ruolie het bo die vlak van US$64 per vat gestyg toe kroonprins Mohammed bin Salman, die ambisieuse erfgenaam van die Saoedi-Arabiese troon, met ’n teenkorrupsieveldtog begin het wat tot die inhegtenisneming van ’n aantal prinse en amptenare gelei het. Dit het die koninkryk se normaalweg vervelige plaaslike politieke landskap ook goed geskud.
Die binnelandse woelinge word vererger deur ’n hernude opwelling van spanning in die streek. Saoedi-Arabië plaas die skuld op Iran vir ’n mislukte missielaanval op Riaad se internasionale lughawe.
Bedreigings vir die olievoorraad uit die Midde-Ooste het reeds opgevlam toe Irak se produksie sy grootste daling sedert Januarie aangeteken het. Die sentrale regering het opnuut beslag gelê op olievelde rondom die noordelike stad Kirkoek, waarop die Koerde ook aanspraak maak.
In Iran het die ooreenkoms wat dié land toegelaat het om olieverkope te hervat ná jare lange sanksies ook aan die einde van September die gevaar geloop om skipbreuk te lei. Pres. Trump het geweier om te bevestig dat dié Islamitiese republiek hom by die bepalings van die ooreenkoms gehou het.
“Daar is heelwat geopolitieke risiko in die gebied en dit vind neerslag in die stygende olieprys,” sê Ed Morse, hoof van hulpbronnavorsing by Citigroup. - Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie