Politikus van verkragting, bloedskande aangekla
Elvira Hattingh – Mnr. Steve Booys, 'n voormalige Swapo-parlementslid en raadslid vir die Okahandja-kiesafdeling, het gister op twee klagte van verkragting asook twee klagte van bloedskande in Okahandja se landdroshof verskyn.
Sy saak is vir verdere ondersoek tot 8 April uitgestel en hy sal in die tussentyd by die Seeis-polisiekantoor aangehou word, het die hof beslis.
Dit volg nadat Booys se regsverteenwoordiger glo 'n versoek vir sy verskuiwing gerig het omdat sy lewe op Okahandja in gevaar mag wees.
Volgens die polisie het Booys glo op 17 en 18 Januarie seksuele omgang met die 21-jarige klaagster op Okahandja gehad, terwyl sy onder die invloed van alkohol was. Sy het glo eers op 26 Januarie 'n formele klag teen Booys gelê.
Die Otjiwarongo-polisie se beskermingseenheid teen geslagsgebaseerde geweld het 'n ondersoek van stapel gestuur wat tot Booys se inhegtenisname gelei het.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie