Pompeo oor versoeke vir dokumente
Die minister het uitgevaar teen mense wat sy departement volgens hom “teister”.
Die Amerikaanse departement van binnelandse sake het voorlopig gereageer op versoeke vir dokumente wat verband kan hou met die ondersoek om pres. Donald Trump in 'n staat van beskuldiging te plaas.
So het Mike Pompeo, minister van binnelandse sake, Saterdag aan die media gesê tydens 'n besoek aan sy Griekse eweknie, Nikos Dendias.
Pompeo sê hulle doen alles volgens wet en hy het benadruk dat hy 'n lid van die kongres was voordat hy sy pos beklee het in die huidige Trump-administrasie.
Hy het uitgevaar teen mense wat volgens hom sy departement “teister”.
“Daar was navrae van mense wat amptenare van die departement laat voel het hulle word geteister en misbruik deurdat hulle regstreeks gevra is om dokumente te oorhandig en ook nie daaroor te praat nie.”
Pompeo het ook gesê alle regerings het 'n “verantwoordelikheid” om hulp te vra van hul vennote as dit kan help om 'n verkiesing te beveilig.
– Reuters/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie