Pompeo optimisties oor Turkye
Koerdiese groepe wat dele in die noorde van Sirië beheer, vrees ’n aanval deur Turkye.
Mike Pompeo, Amerikaanse minister van buitelandse sake, is optimisties dat ’n “goeie uitkoms” tussen Turkye en Koerdiese groepe in Sirië bereik kan word.
Verhoudings tussen die VSA en Turkye is die afgelope ruk gespanne omdat die VSA die Koerdiese YPG-groep, ’n onafhanklike mag in Sirië, steun. Hy het saam met die VSA teen die Islamitiese Staat (ISIS) geveg.
Turkye beskou egter die Koerdiese YPG as ’n verlenging van die verbode Koerdse werkersparty en beskou die groep ook as ’n bedreiging.
Pompeo het onlangs telefonies met sy Turkse eweknie, Mevlut Cavusoglu, gepraat.
“Ons erken die Turkse mense se reg om hul land teen terroriste te beskerm, maar ons weet ook dat diegene . . . wat nie terroriste is nie en die afgelope tyd saam met ons veg, verdien om beskerm te word,” het Pompeo aan verslaggewers gesê.
“Daar is baie besonderhede wat nog bespreek moet word, maar ek is optimisties dat ons ’n goeie uitkoms kan bereik,” het hy gesê.
Pompeo sê hy het in sy oproep met Cavusoglu oor verskeie sleutelkwessies gepraat, onder meer oor die konflik in Sirië en die aanhouding van Amerikaners in Turkye.
Hy sê Jim Jeffrey, Amerikaanse gesant vir Sirië, is verlede week na die noordooste van Sirië en sal binnekort na Ankara, die Turkse hoofstad, reis om oor die konflik in Sirië te praat.
Hy het gesê gesprekke tussen die Siriese regering en Siriese Koerde kan deel uitmaak van ’n breër politieke oplossing in die land.
Koerdiese groepe wat dele in die noorde van Sirië beheer, vrees ’n aanval deur Turkye in die lig van pres. Donald Trump van die VSA se besluit om Amerikaanse troepe aan die gebied te onttrek.
- Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie