Poolse seilskip anker in Kaapstad
Ongeveer 600 van die bemanningslede is Poolse maritieme studente van die noordelike stede Gdynia en Szczecin.
Besoekers aan die Kaapstadse hawe sal tot Vrydag een van die bekendste Poolse seilskepe kan sien.
Die seilskip, Dar Mlodziezy, het Woensdag in die hawe vasgemeer.
Hy sal Donderdag tussen 10:00 en 13:00 vir die publiek oop wees voordat hy weer Vrydag vertrek.
Luidens ’n verklaring vorm die besoek deel van Pole se feesvieringe omdat hy ’n eeu gelede sy onafhanklikheid gekry het.
Dié toer, wat oor tien maande strek, sal die seilskip na 22 hawens neem, insluitende Dakar, Mauritius, Singapoer, Sjanghai, San Francisco en Londen. Die toer sal in Januarie in Panama eindig, waar die 34ste Wêreldjeugdag gevier sal word.
Dié seilskip is in 1982 gebou, is 94,8 m lank en 50,22 m hoog. Tydens die toer word gebruik gemaak van 1 000 bemanningslede.
Ongeveer 600 van die bemanningslede is Poolse maritieme studente van die noordelike stede Gdynia en Szczecin.
Die res van die bemanningslede het hul plek op die boot in ’n kompetisie losgeslaan, waartydens deelnemers se kennis oor die Poolse geskiedenis en vlootwetenskap getoets is. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie