Popkultuur voed Zombies - Deel 1 van 6
Die tegnologiese vloedgolf van musiek oorstroom die walle van konvensie en laat vrugbare grond agter vir ''n kulturele rewolusie.
Lees nou verder . . .
Pedro Vorster - Kersfees begin Pop as ’n magnetiese bandspeler vertraag word en met die terugspeel almal se stemmetjies ’n paar oktawe hoër klink.
Nee, hulle was nie onder die invloed van laggas nie.
Een van die singende Chipmunks van Amerika se eerste treffers was ’n Kersliedjie. Die drie eekhorinkies se stemmetjies was soet genoeg gemanipuleer op magnetiese band om middelklas harte te vermurwe. Dit vind plaas so in die laat 1950’s toe Elvis in swart en wit ge-‘Jailhouse Rock’ en die Beatniks koel spiere gebult het. Dit neem net ? kort tydjie voordat die Beatles die kalklig begin steel.
As jy altyd gewonder het hoekom donkerbril Ettienne Le Roux gewoonlik in swart uitgedos was en lang hare gedra het, weet jy dit nou. Die Beatnik pluimsaad waai ver.
Op hierdie noot verloor ons Boeremusiek. Dit is net nie pop nie.
Niemand is veilig teen die primitiewe mesmeriserende effek van polskloppende musiek nie. Van die FAK tot die San om die vuur, tot dowes wat die plankvloer voel vibreer, wil ons dans, dans, dans as die ritme ons vat.
Populêre musiek kry ’n hupstootjie tot binne die wêreldmassa kopersarena toe radio’s en platespelers bekostigbaar en draagbaar word.
Gedurende die laat sestigerjare van die vorige eeu bring daardie generasie en die hippies die popkultuur tot volle wasdom. Mans se haarlengtes bepaal skielik die grense van koel. Oliekoppe was uit. Die woord ‘groovy’ kry ’n betekenis by en het net in die monde van ’hip cats’ geloofwaardigheid.
Suiwer selfekspressie was hoog geag in die ontpoppende gemeenskappe. Die verspreiding van ondergrondse, destyds beskou as ondermynende inligting, het soos die Amasone gevloei deur die subkultuur. Musikante het geprotesteer, geprofiteer en modegiere geskep deur hul kleredrag, taal en houding. Hul invloed op die prille jeug was verstommend.
Die groot popdigters van die era, Bob Dylan, Joni Mitchell, Jim Morrison en Leonard Cohen, se lirieke word tot vandag toe gehoor, al word dit soms vermom in oordonderende elektroniese basdom. Cohen se ou lirieke kry ? wyer gehoor wanneer van sy liedjies onlangs verwerk word in Afrikaans. Die Beatles se speelse ironie verdwyn. John Lennon raak skokkend ernstig. Die Rolling Stones hou steeds die hand op die pols van die jonges en verwoord die wilde, vrydenkende jong mense se kontemporêre belangstellings.
Maar op die kantlyn maak die skerpioen gereed om die padda te steek wat hom deur diep water moes dra.
Vir lam en vergiftigde Pop kom reddende sout uit ? vreemde ou oord. Jesus Christ Superstar van Andrew Lloyd Weber en liriekskrywer Tim Rice bied die verlore dobberende jeug reddingsgordels.
In die popsleurstroom word allerlei kosmiese bewegings saamgesleep. Kaalkopprofete van gevestigde Oosterlike gelowe omhels Boeddhisme, joga, ou uitgediende gelowe en selfs Zen-Boeddhisme.
Die jeug was nie standvastig nie. Hoe kon hulle gewees het?
Hulle was ontevrede, soekend en ondersoekend.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie