Popkultuur voed Zombies - Deel 3 van 6
In die goedgelowige sleurstroom van die nuwe beweging volg kranksinnige verkleurmannetjies.
’n Middelklasperspektief
Sosiopate en moordenaars zoem in op die verwilderde middelklasjeug en sluit aan by die pop-prosessie.
Breinsterk Charles Manson oortuig die goedgelowige kinders dat allerhande verskuilde boodskappe in die lirieke van die Beatles voorkom. Snert sowaar, maar dit is kaf met oorredingskrag. Wrede moorde volg op sy leierskap.
Vol bootjies na Kammaland seil in die hoofstroom van pop. LSD word gekroon as die beste kosmiese verdowingsmiddel vir sielsopenbaringe. Die stemme begin opgaan om dagga te wettig. Soos cannabis mettertyd al hoe meer gesuiwer word van sy laerklasstigma, raak die wettiging daarvan dan ook al hoe meer aanvaarbaar. Dagga stof sy stoel af en gaan sit in die popkultuurbanke. Groen word ’n oortuiging en lewenshouding.
Middelmatige middelklas is in die visier van die nuwe musikant-profete en in ’n poging om sin te maak uit dié wye uiteenlopende mengelmoes popgebeurtenisse (“Happenings”) praatsing een van hulle: “Iets is aan die gebeur hier en jy besef nie wat dit is nie. Weet jy, meneer Jones?” (Bob Dylan)
Nie dat al die volgelinge geweet het nie, of omgegee het nie. Doodgewone ou middelklas meneer Jones het ook nie ’n saadjiegrootte idee gehad nie. Hy het net geweet hy hou nie hiervan nie. Ongelukkig het hy oor te veel inperkingsmag beskik.
Musikante maak donkerbrille in die hare modieus en dra klokpypbroeke met geborduurde rante. Jy kon ook kaalvoet loop as jy wou. Musiek word vir baie jongmense hul nuwe godsdiens. Gospel sien die gaping en systap die kommersiële mark binne. Afrikaners is mos plesierig en loop dan daarna rond met swaar Calvinistiese skuldgevoelens. Hulle maak dan soos goeie Katolieke hul beursies oop vir vergifnis.
Waar boeremusiek heers, storm die popjeug na die nooduitgange.
Jou beeld was jou identiteit en nie noodwendig ’n verkoopspunt nie. Wat ook al jou protesaksie was - om die bulle in Bengal te gaan beskerm of om graffiti te spuit op die naaste polisiestasiemure - jou kleredrag het jou sentimente verklap.
’n “Drop-out” was ’n anti-establishment held.
Die “hip” het op die ondergrondse kitaar-“riffs” spontaan lugkitaar begin speel. Die stuiptrekkende Joe Cocker tydens die Woodstock-musiekfees (Amerika) was een van die eerste vertolkers hiervan. Die “distorte” Fender-baskitaar was dikwels die harde dryfkrag agter teruggrypende oerritmes. Primitief en tog tegnologies gevorder, het eksponente van beide Led Zeppelin en Grand Funk Railroad dit tot kunsvorm verwerk. In die greep van hul musiek kon jongmense hul frustrasies saam uitgil vir katarsis.
Om dié manne oorverdowend te speel was die voorstedelike “outsider” se taktiek om eensgesinde rebelle uit te rook. Maar die musiek wat positiewe rigting moes gee, het ook verdeel. Dit het nuwe bande gesmee en oues verbreek.
Die popkultuur-kompasnaald moes in albei gevalle skuif.
(Volgende week: Digitaal tref kreatiwiteit)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie