Porno-ster dagvaar Trump
'n Pornografie-ster het pres. Donald Trump van Amerika Dinsdag gedagvaar om 'n “stilswye-ooreenkoms” oor hul beweerde intieme verhouding ongeldig te laat verklaar omdat hy nooit die dokument onderteken het nie.
'n Regsgeleerde van Los Angeles, Michael Avenatti, het 'n afskrif van die regsgeding wat namens die porno-ster Stormy Daniels ingedien is, op sy Twitter-rekening gepubliseer. Daniels se regte naam is Stephanie Clifford.
In die hofstukke word aangevoer dat sy vanaf 2006 tot 2007 'n intieme verhouding met Trump gehad het. Sy wou die inligting bekend maak nadat Trump die Republikeinse Party se nominasie vir die presidentskap gewen het, en ander vroue na vore gekom en beweer het hulle het seksuele verhoudinge met hom gehad. Met die hulp van sy regsgeleerde, Michael Cohen, het Trump “aggressief probeer om me. Clifford stil te maak en te verhinder dat sy die waarheid praat. Sodoende is gehelp dat hy die presidentsverkiesing gewen het,” lui die hofstukke. Cohen het die stilswye-ooreenkoms voorberei. 'n Afskrif daarvan is deel van die hofstukke. Volgens die ooreenkoms sou 'n betaling van US$130 000 uit die rekening van 'n maatskappy bekend as Essential Consultants LLC aan Clifford in ruil vir haar stilswye betaal word.
Met die gebruik van die skuilname Peggy Peterson en David Dennison, sou Clifford en Trump die ooreenkoms saam met Essential Consultants onderteken.
Enkele dae voor die November 2016-presidentsverkiesing het Clifford en Cohen namens Essential Consultants die dokument onderteken. – Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie