Porno-ster, kaalmodel sê hul kafoefel met Trump

Pres. Donald Trump van die VSA het altesame R3,1 miljoen opgedok vir die stilswye van twee kaalmodelle tydens die presidentsverkiesingstryd in 2016, beweer die vroue.

Dit is hoeveel hulle betaal is om nie aan die hele wêreld te vertel dat hulle die presidentskandidaat se minnaresse was nie, beweer die twee.

Wat hul bewerings besonder ongemaklik maak, is die feit dat die affairs sou gebeur het net ’n jaar nadat Trump (72) met Melania (47) getroud is.

Die geraamtes in die president se kas is die afgelope week onthul toe Karen McDougal (47), ’n voormalige model van die tydskrif Playboy, onthul het sy het tien maande lank in 2006 ’n seksuele verhouding met Trump gehad. Sy het aan CNN gesê sy het hom in dié tyd minstens vyf keer per maand gesien en hy het gereeld vir haar vliegtuigkaartjies gekoop om vir hom te gaan kuier.

McDougal vra ewe in ’n verklaring vir Melania om verskoning omdat sy by haar man geslaap het. McDougal sê sy is in 2016 US$150 000 vir haar stilswye betaal.

Haar woorde was skaars koud of Stephanie Clifford (39), ’n porno-ster bekend onder die skuilnaam Stormy Daniels, beweer Trump se prokureur, Michael Cohen, het haar ook in 2016 US$130 000 betaal om stil te bly.

Sy beweer sy het ’n hele paar maande met Trump ’n verhouding gehad.

Toe dié beweerde affairs gebeur het, was Trump (toe 60) die aanbieder van The Apprentice en glo selde tuis.

Intussen het Vanessa Trump, wat 12 jaar lank met Trump se oudste seun, Donald Trump Jr., getroud is, die afgelope week bekend gemaak hul huwelik is op die rotse omdat hy ontrou was. – Netwerk24/Bronne: CNN, Time, The Guardian, GQ en Fox News

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!