• Tuisblad
  • Sake
  • Porsche, BMW, Mercedes verkoop minder vanjaar
Porsche, BMW, Mercedes verkoop minder vanjaar
Porsche, BMW, Mercedes verkoop minder vanjaar

Porsche, BMW, Mercedes verkoop minder vanjaar

Nellie Brand-Jonker - Volgens inligting van die departement van handel en nywerheid het motorverkope in die binneland Augustus op 'n jaargrondslag met 6,7% tot 49 222 gestyg.

Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers (Naamsa) het in kommentaar oor die syfers gesê dit is die tweede maand agtereenvolgens dat voertuigverkope 'n oplewing toon.

Dit is 3 091 meer motors as wat 'n jaar gelede dieselfde tyd verkoop is.

“Die plaaslike motorbedryf vaar redelik goed in die huidige moeilike ekonomiese omgewing,” sê Naamsa.

Volgens Naamsa het die druk op nuwe voertuie se pryse en laer inflasie, sowel as die verlaging in die rentekoerse, effense verligting vir verbruikers meegebring.



Porsche en Mercedes

• Byna 60 minder Porsche-voertuie as 'n jaar gelede tot einde Augustus is verkoop.Daar is darem in Augustus twee meer voertuie as 'n jaar gelede verkoop, maar in geheel is net 855 voertuie tot dusver vanjaar verkoop.

• Die verkope van Mercedes-Benz-passasiersmotors het in die maand met 20% gedaal tot 1 786. Mercedes se verkope plaaslik vir die jaar is reeds 11% laer op 14 535 motors.

• Jaar tot datum is 17% minder BMW's in die binneland verkoop.

Sedert die begin van die jaar tot einde Augustus is nou effens meer voertuie as verlede jaar verkoop.

Die 365 556 voertuie wat verkoop is, is 0,6% of 2 190 meer as verlede jaar.

Naamsa verwag verkope gaan in 2017 soortgelyk wees as verlede jaar, maar weens goeie verkope die afgelope twee maande begin dit nou lyk asof dit met sowat 1% tot 1,5% effens beter kan wees.



Uitvoer daal skerp

Top-10-passasiersvoertuie wat tot op hede vanjaar verkoop is.

1. VW Polo Vivo

2. VW Polo

3. Toyota Fortuner

4. Toyota Etios

5. Toyota Corolla Quest

6. Ford Fiesta

7. Ford EcoSport

8. VW Polo Vivo Sedan

9. Renault Kwid

10. Toyota RAV4

In Augustus het die uitvoer van motors met byna 13% gedaal.

Altesaam 29 927 voertuie is uitgevoer, wat 4 431 minder as 'n jaar gelede dieselfde tyd is.

Naamsa het gesê dit is 'n “verrassende daling”. Begin Augustus is nog gejuig oor 'n skerp sprong in uitvoersyfers.

Dit is ligte handelsvoertuie se uitvoer wat skerp 38% of meer as 4000 gedaal het, wat dit veroorsaak het. Dit is nie bekend watter motorvervaardiger minder uitgevoer het nie.

Tot dusver vanjaar is 4,8%, of sowat 11 000, minder voertuie uitgevoer. In geheel is 219 886 voertuie uitgevoer.

Die daling van die begin van die jaar af vergeleke met dieselfde tyd in 2016 kan toegeskryf word aan 'n daling in passasiersmotors wat uitgevoer is.

In geheel is 5,4%, of 8 700, minder passasiersmotors uitgevoer.

Dit is omdat die uitvoer van BMW met 28% of byna 12 000 motors van die begin van die jaar tot nou vergeleke met verlede jaar gedaal het.

Vir die jaar tot op datum is ook minder BMW's in die binneland verkoop.

Dit het met sowat 17% gedaal.

BMW het begin Junie sy produksie in Suid-Afrika vir 'n week lank gestaak omdat hy 'n tekort aan sekere onderdele ondervind het.

Naamsa glo die vooruitsigte vir internasionale ekonomiese groei sal oor die mediumtermyn uitvoer ondersteun.

So het verkope vergeleke met Augustus 2016 gestyg

• Passasiersmotors: Altesaam 32 161 van die motors is in Augustus verkoop. Dit is 1 654 of 5,4% meer motors as verlede jaar in dieselfde maand.

• Ligte handelsvoertuie: Die verkope van die voertuie wat bakkies en minibusse insluit, het skerp met byna 11% of 1 448 voertuie tot 14 834 gestyg. Dit is 'n voortsetting van die verbetering wat die afgelope maande gesien is.

• Mediumgrootte handelsvoertuie: Verkope het met 102 of byna 14% tot 633 gedaal.

• Swaarvragmotors het met 91 of 6% tot 1 594 gestyg. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!