Posisies vloeibaar voor semifinale
'n Skoknederlaag teen Reho Falcon het Wanderers nou na die vierde plek laat terugsak.
Tielman van Lill - FNB Unam I oorheers die afgelope drie jaar die Namibië Rugby-unie se premierliga en het Vrydagaand opnuut teen Trustco United I gewys dat hy tans bitter moeilik geklop gaan word.
Unam, wat tot in 2014 nog so-so rugby gespeel het, het in 2015 in 'n gevaarlike eenheid begin ontwikkel en dieselfde jaar met sy gesogte eerste premierligatitel weggestap toe hy FNB Wanderers in 'n opwindende eindstryd uitoorlê het.
Trustco United, wat in 2014 laas die titel gewen het, kon sedertdien nie dieselfde sukses behaal nie. Die Filistyne word tans deur beserings gery en moes Vrydagaand teen Unam sonder tien van hul gereelde eerstespanspelers op die veld draf.
Dit het egter nie vir kaptein Winmar Rust en sy manne verhoed om die eindtelling tot 38-9 te beperk nie. Rust wat op agtsteman opgedraf het, se akkurate skopvoet het met drie strafskoppe vir sy span se nege punte gesorg.
Vir die bloues wat ná elf botsings met 22 ligapunte sesde op die ligaleer lê, is dit ongelukkig neusie verby om die semifinale te haal wat op 22 Julie by die Hage Geingob-stadion gespeel word.
Met net twee wedstryde teen Kudus (tuis) op 1 Julie en Rehoboth 'n week later op Rehoboth oor, sal die Filistyne seker wil maak dat hulle beide botsings met 'n totaal van 12 bonuspunte beklink om heelwat stewiger in die vyfde posisie met 34 ligapunte te eindig. Maar dan sal Kudus (5de, 29 ligapunte) sy laaste twee kragmetings teen United en Wanderers moet verloor.
Unam se stormloop vir die 2017-seisoen duur voort en ná Vrydagaand se oorwinning bly hy in die voorste posisie met 63 ligapunte, terwyl FNB Western Suburbs I ná sy sege van 43-13 teen Kudus I in Walvisbaai na die tweede plek met 44 ligapunte opskuif.
By die Unam-stadion het die gasheer ses vyfpunters behaal wat deur Rheinhardt Carelse, Cameron Klassen, Helarius Kisting, Silvano Beukes, Chess Lawrence en Bradley Klazen gedruk is. Lorenzo Louis en Denver Morurua slaag elkeen met twee doelskoppe.
SUBURBS 43 KUDUS 13
FNB Western Suburbs I se suksesvolle uitstappie na Walvisbaai om met sewe drieë teen Kudus I te seëvier, het ses bonuspunte aan hom besorg om nou met 44 ligapunte te kan spog.
Vir Suburbs het linkervleuel Nikin Cloete drie drieë gaan druk, met nog een drie elk deur slot James Kisting, skrumskakel JC Winkler, buitesenter Alastair Miller en regtervleuel Collins Omalu. Losskakel Justin Nel en heelagter Ricardo Swartz het onderskeidelik met drie en een doelskop geslaag.
WALVIS KRY REHOBOTH ONDER
Met die rustydtelling van 26-19 in die guns van die gasheer, was die Rooi Bulle op Walvisbaai nog sterk in die prentjie. Dit is egter die tuisspan wat 24 punte sonder antwoord in die tweede helfte opstapel om die kragmeting met 50-19 te beklink.
Die haker en kaptein Chris Klassen asook die flank James Marx het met twee drieë elk die pas vir Walvisbaai aangegee. Agtsteman Joe Hermann, heelagter Lloyd Jacobs, vleuel Bjorn Block en buitesenter Cedric Haraseb het die ander drieë ingeryg. Heelagter Jeroen van Dam het met vyf doelskoppe getref.
Met hul gesukkel in die skrums het Rehoboth die afwesigheid van twee stutte en 'n slot gevoel. Vir Rehoboth druk losskakel Nazume Swartz, flank Kevin Cloete en senter Julian Afrikaner, terwyl Swartz sukses met twee doelskoppe het.
Walvisbaai se derde posisie (38 ligapunte) plaas hom sterk in die wedloop vir die semifinale op te draf. Western Suburbs (weg) en Unam (tuis) is wat vir die kusspan oorbly.
Rehoboth (7de, 21 punte) se volgende twee wedstryde is teen Wanderers in Pionierspark voordat hy United op Rehoboth ontvang.
SKOK VAN DIE NAWEEK
FNB Wanderers is Saterdag op Rehoboth op verrassende wyse met 22-3 deur Reho Falcon verniel, wat sy eerste oorwinning vir die seisoen kon vier.
Vir afrigters Ronaldo Pedro en Philippus Isaacs se manne is die oorwinning nét die regte motivering om aan te hou om die goeie stryd te stry.
Dit was oorwegend 'n skoon wedstryd met die enkele geel kaart aan elke kant wat vir herhaalde onkantspel uitgehaal is.
“Ons het wel baie spelers uit, veral voorspelers, en daar was nie 'n NRU-skeidsregter beskikbaar nie, maar dit was 'n swak en lustelose vertoning aan ons kant. Vir swak spel is daar eintlik nie verskonings nie,” sê Wanderers se voorsitter, Flip Louw.
Vir Falcon het senter Greg Stein gaan druk, terwyl skrumskakel Howard Titus die doelskop deur die pale stuur, met drie strafdoele slaag en sy bydrae van 14 punte met 'n skepskop afrond. Losskakel Deslee Beukes dra drie punte met sy skepskop by.
Vir Wanderers het losskakel Mahco Prinsloo met 'n strafdoel geslaag.
Wanderers het op 37 ligapunte vasgehaak en is deur Western Suburbs en nou ook Walvisbaai verbygesteek om na die vierde plek terug te sak. Vir die Wit Hingste bly 'n tuiswedstryd teen Rehoboth en daarna 'n besoek aan Kudus oor. Falcon bly met agt punte heel laaste op die ligaleer.
Reserweliga: Western Suburbs II klop Kudus met 31-7; Reho Falcon se tweedes wen 62-45 teen Wanderers; Walvisbaai II klop Rehoboth II met 17-8; Unam II klop United II met 57-3.
Die semifinale is op 22 Julie by die Hage Geingob-stadion, met die eindstryde 'n week later.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie