Positiewe koers vir Covid-19 neem van 28% tot 15% af
Positiewe koers vir Covid-19 neem van 28% tot 15% af

Positiewe koers vir Covid-19 neem van 28% tot 15% af

Henriette Lamprecht
President Hage Geingob sê die positiewe koers vir Covid-19-gevalle het van 28% tot 15% in die laaste twee weke afgeneem. Die herstelkoers vir die land staan tans op 91%, terwyl die sterftekoers op 2,7% staan. Volgens Geingob het Namibië die afgelope weke 'n afname van 52% in die voorkoms van Covid-19-gevalle aangeteken. Die nasionale immuniseringskoers vir inwoners wat ten volle ingeënt is, het van 1,8% tot 2,7% gestyg, terwyl dié wat 'n eerste dosis entstof ontvang het, van 6,1% tot 7,1% gestyg het. Geingob sê
'n gemiddeld van 3 250 immuniserings per dag is aangeteken. Op 12 Augustus is 7 622 mense ingeënt.
Geingob was aan die woord met die aankondiging van die nuwe regulasies teen Covid-19 wat vir 31 dae tot middernag 14 September sal geld.

Kommentaar

Republikein 2025-02-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 33° Eenhana: 21° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 20° | 32° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 19° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 17° | 21° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 22° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 25° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 26° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 20° | 38° Oranjemund: 14° | 28° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 20° | 26° Maseru: 17° | 35° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 18° | 25° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 19° | 31° Cape Town: 18° | 25° Durban: 22° | 26° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 18° | 27° Harare: 17° | 28° #REF! #REF!