Positiewe seine uit gesprek tussen China, VSA
Positiewe seine uit gesprek tussen China, VSA

Positiewe seine uit gesprek tussen China, VSA

Sedert Xi en Trump op 1 Desember vergader het, het China reeds verskeie toegewings aan Amerika gegee.
Vordering is Maandag en Dinsdag gemaak met die handelsgesprekke tussen Amerika en China in Beijing, maar geen formele verklaring van enige van die twee lande was teen Dinsdagmiddag nog uitgereik nie.

Die gesprekke is nog aan die gang en ’n gedetailleerde verklaring sal uitgereik word sodra dit afgehandel is, het ’n woordvoerder van die Chinese departement van buitelandse sake Dinsdag aan verslaggewers in Beijing gesê.

Daar is geen tyd genoem wanneer dit sou wees nie.

Maandag was Wilbur Ross, Amerikaanse minister van handel, optimisties dat ’n billike ooreenkoms bereik sou word.

Liu He, adjunkpremier van China, het Maandag gesig gewys by die gesprekke, wat as ’n teken beskou word dat die Chinese ook ’n positiewe uitslag verwag.

Liu is die hoof ekonomiese adviseur van pres. Xi Jinping, en het verlede jaar in Washington ’n vorige ronde gesprekke gelei wat misluk het. Hy gaan na verwagting later in Januarie met Robert Lighthizer, hoofhandelsonderhandelaar van Amerika, vergader.

TOEGEWINGS

Sedert Xi en pres. Donald Trump van Amerika op 1 Desember vergader het, het China reeds verskeie toegewings aan Amerika gegee. Dit sluit in die tydelike staking van straftariewe op Amerikaanse motors, die hervat van sojaboonaankope, beloftes om sy mark vir meer buitelandse investering oop te maak, en om ’n wet op te stel wat gedwonge tegnologie-oordrag verhoed.

Hoe China dié maatreëls gaan afdwing sal die deurslag gee in enige ooreenkoms. Amerikaanse amptenare het al herhaaldelik China daarvan beskuldig dat hy hom nie by sy ooreenkomste hou nie.

Amerikaanse onderhandelaars wil China oortuig om hom tot spesifieke datums te verbind, en om te belowe dat hy nie Amerikaanse maatskappye sal keer om toegang tot die Chinese mark te kry nie.

Die gesprekke is die eerste direkte interaksie tussen Amerika en China sedert Trump en Xi in Desember in Argentinië ontmoet het. Trump het toe aan Lighthizer die spertyd van 1 Maart gegee om met ’n ooreenkoms met China vorendag te kom.

Nog seniorvlakgesprekke sal vandeesmaand plaasvind, insluitend ’n moontlike ontmoeting tussen Trump en Wang Qishan, adjunkpresident van China, by die jaarlikse beraad van die Wêreld- Ekonomiese Forum in Davos, Switserland. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!