'Positiewes' ontsnap uit isolasie
Vier buitelanders het tot by Suid-Afrika gevorder met klaarblyklik vervalste negatiewe Covid-19-toetsuitslae.
Jemima Beukes
Vier buitelanders het uit isolasiegeriewe in Windhoek ontsnap en oënskynlik onder valse voorwendsels die land verlaat, nadat drie positief vir Covid-19 getoets het.
Die waarnemende uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, het gesê die besoekers het nie hul verpligte isolasietydperk voltooi nie. Die buitelanders was glo reeds in Suid-Afrika toe sy van die verwikkeling ingelig is.
“Ek het onmiddellik die Internasionale Lughawe Oliver Tambo in kennis gestel. Hulle het gesê die reisigers het negatiewe toetsuitslae getoon, maar toe lig ek hulle in dat hulle in Namibië positief getoets het.
“Hul vliegtuig in Johannesburg was glo op die punt om na die volgende bestemming op te styg toe die hekbestuurder hulle van die vliegtuig sou verwyder,” het sy gesê.
HERSIENING VAN BELEID
Die voormalige minister van gesondheid, dr. Bernard Haufiku, het gesê hy was baie teleurgesteld. Hy het persoonlik die drie Jordaniërs en een Palestyn met hul sakereis na Namibië bygestaan. Volgens hom het die buitelanders na die land gekom met belangstelling in landboubedrywighede.
“Dit bring tot gevolg die noodsaaklikheid vir 'n hersiening of heroorweging van ons beleid vir reisigers wat in of uit Namibië reis ten opsigte van Covid-19-toetsing en isolasie,” het hy gesê.
“Dit is tyd om te oorweeg om reisigers na Namibië wat positief vir Covid-19 toets, se paspoorte te hou tot hul isolasietydperk voltooi is voordat hulle na hul lande kan terugkeer,” het hy bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie