Posseël vir AZ se eeufees bekend gestel
"Om vir 100 jaar ’n koerant uit te gee, is inderdaad ’n uitsonderlike prestasie."
So het mnr. Albe Botha, uitvoerende hoof van Namibia Media Holdings, verlede Donderdagaand tydens NamPost se amptelike bekendstelling van ’n gedenkseël ter herdenking van dieAllgemeine Zeitung se eeufees gesê.
Dié posseël en gedenkkoevert is volgens Botha ’n baie belangrike deel daarvan om hierdie geskiedenis te verewig. Volgens mnr. Frikkie Mouton, NamPost se waarnemende hoofbestuurder vir posdienste, is die AZ-seël ’n waardevolle toevoeging tot ’n reeks posseëls waarvan sommige reeds internasionaal bekroon is. Sodoende sal die boodskap van die koerant se eeuviering oor die lengte en breedte van die wêreld reis, het hy gesê.
Posseëls bly volgens Mouton ’n belangrike toonvenster van ’n land en danksy moderne tegnologie vorm geskrewe boodskappe soos poskaarte steeds ’n unieke deel van die menslike kommunikasiekultuur. Vir die eerste keer is mikrotegnologie gebruik wat help om die koerantteks op die posseëls met ’n vergrootglas te kan lees. Die seël is deur die bekende kunstenaar, Helge Denker, ontwerp. NamPost bied ’n spesiale diens om posseëls vir spesiale geleenthede te verpersoonlik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie