Pot nog lank nie klaar gekook
Pot nog lank nie klaar gekook

Pot nog lank nie klaar gekook

Dani Booysen
Swapo se partylys vir die parlement is voltooi, maar dié “pot” het nog lank nie klaar geprut nie.

Die uitjou van sekere kandidate het die verkiesingsbeampte, die prokureur Sisa Namandje, erg ontstel.

Stigterpresident Sam Nujoma het die tweespalt in die regerende party as die ergste ooit bestempel. Swak dissipline en misbruike, het hy gewaarsku, kan Swapo vernietig.

Komende van Nujoma moet almal die ore vir die werklikheid spits. Die openbare wantroue in leiers waarna hy verwys het, kan in November se verkiesingsuitslae neerslag vind. Die regerende party het 77 setels om te verdedig.

Nujoma het pertinent teen eiebelang en korrupsie gemaan.

In posisie 82 is me. Katrina Hanse-Himarwa se doppie waarskynlik geklink. Haar gewildheid, of ongewildheid, het nie juis gegroei nie. Sy was in 2014 in die 80ste posisie. Pres. Hage Geingob sal waarskynlik nie weer soos in 2015 op haar nommer druk nie.

Ondanks menings dat die opvolgkwessie van minder belang was, moet 'n mens eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila se reuse-opgang vanaf die 40ste tot sesde posisie nie miskyk nie. Ander wie se posisies aansienlik verstewig het, is onder meer mnre. Tom Alweendo (21 tot 5), Frans Kapofi (33 tot 7), Peya Mushelenga (73 tot 9), Calle Schlettwein (23 tot 11), Erastus Uutoni (25 tot 15) en Royal //Oi/o/oo (63 tot 25).

Van die skuiwe, soos ook mnr. Tobie Aupindi se 29ste plek, dui op vordering deur jonger leiers en tegnokrate.

Dit is nie 'n “oorlog” nie, het Namandje gesê. Maar daar woed juis een. Een wat nie die land en sy burgers moet benadeel nie.



So sê ander

8 September 2019



Robert Mugabe

Robert Gabriel Mugabe, who passed away at the age of 95 in self-imposed exile in Singapore, remains one of the most enigmatic leaders of modern history.

He was a man who helped build an independent country and then, step by step, destroy it.

Before Africa's best known leader Nelson Mandela had left prison on Robben Island, Mugabe was preaching reconciliation between the races and peaceful coexistence within a single territory. He was a complex figure who ruled his country for 37 years.

During that time, he performed miracles such as setting up an education and health system which was rated the best in Africa. But that is not his legacy.

Instead, what he left behind in the end – rigged elections, attacks in townships and the forceful seizure of land as the Zimbabwean economy collapsed partially as a consequence of the instability Mugabe caused – is what he may be best remembered for.

In some ways, his story is a tragedy.

The nation's economy, ripped by hyperinflation on a scale never seen before the on this scale, became a joke which went well beyond Zimbabwe. The stability was never to return.

He was in so many ways both a hero and a villain. He may also be ranked as the most complicated politician of our times.

But perhaps the most important legacy he leaves behind is a reminder that very long stints in power eventually create a sense of despotism and with it the evils that follow.

• THE NEWS (PAKISTAN)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!