Potgieter kolfheld vir Otjiwarongo in finaal
Die noordespan het sy tweede T20-titel in twee jaar gewen.
Andrew Poolman – 'n Onoorwonne honderdtal in die finaal deur Jan-Hendrik Potgieter het die span van Otjiwarongo aangedryf om sy greep op Krieket Namibië se T20-tweedeliga vir die Sentraalstreek te behou.
Potgieter se 107 nie uit nie van net 44 balle het enige buitekans vir CCD Tigers se derde span in die niet laat verdwyn in die finaal wat Saterdag op laasgenoemde se klubveld in Pionierspark gespeel is.
Met elf sesse en vyf viere het Potgieter – 'n dag voor sy 18de verjaarsdag – die kolftempo grootliks versnel ná die vroeë verlies van Nicardo Pienaar (1 van 3 balle), wat ook as rugbyskeidsregter bekend is. Sy vyftigtal is van 23 balle behaal.
Die vennootskap tussen Oscar Chimutenga (34 van 47 balle, 1x4 1x6) en Neels Labuschagne (19 van 24 balle, 1x4 1x6) het die bal aan die rol gesit.
Otjiwarongo het sy twintig boulbeurte op 168/4 afgesluit, voordat hy die jeugdige oranje span vir 72 uitgeboul het om die oorwinning met 96 lopies te beklink.
Die CCD-paaltjies is gedeel tussen Neels Labuschagne (2/17 in 3 boulbeurte), Raine Raath (1/10 in 3), Sarel Herbst (2/10 in 2) en Oscar Chimutenga (2/8 in 3).
Die verslane tuisspan se enigste weerstand was vir die tydjie terwyl Albert de Klerk (27 van 28 balle, 3x4) en Ruben Burger (13 van 19 balle, 1x4) voor die penne was.
• Sarel Herbst, die klubvoorsitter, sê Otjiwarongo het net 26 geregistreerde spelers van wie talle tot so ver as 400 kilometer buite die dorp woon of werk.
“Bykans almal is jonger as 30 jaar en werk nog om hul besighede finansieel te vestig. Ons tweede spannetjie is baie jonk – selfs o.11's.
“Vir Saterdag se semi- en finaal was ons gereelde kaptein Scott Botha onbeskikbaar vanweë 'n troue, maar Jay-Jay Liebenberg (paaltjiewagter) het goed ingestaan.”
Volgens Herbst het die klub, ná oorwinnings in die laaste twee seisoene se finale, oor die moontlikheid gepraat om moontlik volgende seisoen na die eersteliga op te skuif.
“Ons sal eers 'n promosie-relegasiewedstryd moet wen, maar die vooruitsigte is dat volgende seisoen vir ons reeds moeiliker kan wees. Ons verloor dalk drie staatmakers wat skool klaarmaak (Potgieter, Schietekat en Raath) wat almal in Krieket Namibië se hoëprestasiegroep vir die noorde is.”
Herbst sê die klub het waardering vir Pupkewitz Von Baum's wat die afgelope vier jaar as borg agter hulle staan.
MAMBAS, ZEBRAS TELEURGESTELD
Die Windhoekse klub Mambas het Donderdag nie geslaag in sy appèl teen Krieket Namibië se beslissing om vier ligapunte by sy tweedespan af te trek vir die beweerde gebruik van eerstespanspelers nie.
Dié beslissing het die Mambas van derde tot vierde op die finale puntelys laat afsak en dus die samestelling vir Saterdagoggend se semifinale verander.
Die klaer in die saak was Trustco United se derde span, wat vyfde geplaas was, maar aangevoer het dat Mambas in hul ligawedstryd op 21 November vier eerstespanspelers ingespan het.
Krieket Namibië het in United se guns beslis en het nie net Mambas se vier punte vir die oorwinning afgetrek nie, maar het dit aan United toegeken. Die uiteinde was dat Zebras-krieketklub se tweedes uit hul vierde plek en uit die semifinaal gedruk is.
Mambas se verweer is afgeskiet, naamlik dat die betrokke spelers óf gevestigde tweedespanspelers is wat net in noodgevalle in die eerstespan uitgehelp het, óf wat met geldige redes gemotiveer en volgens prosedure vir verskynings in die tweedespan verklaar is.
Die ewe ontevrede Zebras het Mambas skriftelik ondersteun in die standpunt dat dit uiters ongewoon en strydig met die regulasies is om wenpunte aan die verloorspan United toe te ken, bloot op grond van hul klagte eerder as prestasie.
Mambas het in hul semifinaal teen die topspan Otjiwarongo nie die mas opgekom nie en het met nege paaltjies verloor.
Mambas is vir 92 uitgeboul (Tian Muller 22 van 29 balle met drie viere; Morné du Plessis 24 van 20 balle met 2x4 2x6) terwyl Raine Raath, Sarel Herbst en Oscar Chimutenga elkeen twee paaltjies geneem het.
Otjiwarongo het Chimutenga vir 'n nulletjie verloor, maar Nicardo Pienaar (46 nie uit nie van 38 balle, 3x4 3x6) en Neels Labuschagne (41* van 24 balle, 3x4 4x6) het baljaar.
• United III is in sy semifinaal ook te lig bevind deur CCD se derdes.
United het 111/3 opgestel wat op 'n vyftigtal deur Jasper Engelbrecht (70* van 45 balle, 2x4 5x6) gebaseer was.
Die CCD-span se oorwinning met agt paaltjies was danksy die kolfwerk van sy kaptein JP Conradie, met 69 nie uit nie van 143 balle (7x4 4x6).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie