Potjiekos-Kersfees vir boere
Potjiekos-Kersfees vir boere

Potjiekos-Kersfees vir boere

Die Otjiwarongo-gemeenskap het verlede Saterdag gekook, gekoop, verkoop en hul harte vir boere oopgemaak.

Dit is die tweede jaar dat dié dorp se jaarlikse Weihnachtsmark en ­potjiekoskompetisie hande vat en die gewilde geleentheid by die Reitklub op die dorp aanbied.

Nege potjiekosspanne het hul ­ingesamelde fondse aan die Namibië Boere-droogtehulpfonds geskenk.

Inskrywingsfooie en bydraes wat in die loop van die dag in die “bottel vir boere” geplaas is, het op N$7 640,25 te staan gekom.

Die Flintstones-span het die eerste prys gewen – 'n naweek by die Epupa Camp wat deur die kamp geborg is.

Die Weskusklonge was in die tweede plek, en het N$4 000 gewen, wat deur First National Bank (FNB) geborg is.

In die derde plek was die Makarra Fireflies, wat koelbokse van The ­Document Warehouse ontvang het.

The Document Warehouse het ook N$2 000 aan die Namibië Boere-droogtehulpfonds geskenk.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer