Pous aanvaar kardinaal se bedanking ná beweringe
Pous Franciskus het Saterdag die bedanking van Theodore McCarrick, ’n prominente kardinaal, aanvaar.
Dit volg nadat McCarrick, ’n voormalige aartsbiskop van Washington DC en een van die prominentste figure in die Rooms-Katolieke Kerk in Amerika, aangekla is van die seksuele mishandeling van kinders, insluitend ’n 11-jarige seuntjie.
The Guardian berig die Vatikaan het in ’n verklaring gesê die 88-jarige McCarrick het sy bedankingsbrief Vrydag vir die pous gestuur.
’n Stortvloed bewerings dat McCarrick seuns én volwasse seminariste glo seksueel misbruik het, is in die laaste paar weke gemaak.
Dié onthullings word beskou as ’n toets vir die pous se onlangse voorneme om ’n einde te maak aan die misbruik en seksuele mishandeling in die Katolieke Kerk. Hy verwys daarna as ’n “kultuur van geheimhouding” in die hiërargie van die kerk oor dié soort dinge.
McCarrick is sedert 20 Junie uit die openbare bediening terwyl ’n ondersoek gedoen word na beweringe dat hy meer as 40 jaar gelede ’n minderjarige in New York betas het.
’n Man, wat 11 jaar oud was ten tyde van die eerste beweerde voorval, sê die verhouding waarin hy glo seksueel misbruik is, het langer as twee dekades geduur.
McCarrick het die aanvanklike aantyging ontken.
Talle mans het intussen na vore gekom en beweer McCarrick het hulle as volwasse seminariste gedwing om saam met hom in ’n strandhuis in New Jersey te slaap.
The New York Times het verlede week berig twee biskoppe in New Jersey het in 2005 en 2007 finansiële ooreenkomste aangegaan met mans wat gesê het hulle is twee dekades lank as volwassenes deur McCarrick misbruik.
McCarrick het geen kommentaar op die beweringe van die misbruik van die volwasse mans en ’n minderjarige gelewer nie. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie