Pous u2018skaamu2019 oor hy nie luister na seksueel misbruiktes
Pous u2018skaamu2019 oor hy nie luister na seksueel misbruiktes

Pous ‘skaam’ oor hy nie luister na seksueel misbruiktes

Pous Franciskus, leier van die Katolieke Kerk, het Donderdag gesê hy is skaam dat nie hy of ander kerkleiers in Chili ooit werklik geluister het na die slagoffers van seksuele misbruik nie.

Die Vatikaan het nou van sy topspeurders teruggestuur na Chili met nuwe opdragte.

Die nuusblad Time berig Franciskus is die eerste pous in die geskiedenis om ’n “kultuur van misbruik en toesmeer” in die Katolieke Kerk in die openbaar te veroordeel.

Die pous verwys in ’n brief aan Katolieke in Chili na vader Fernando Karadima, wat in 1984 vir die eerste keer daarvan beskuldig is dat hy tienerseuns seksueel misbruik, berig DailyMail. Hoewel kerkamptenare bevind het die aantygings is geloofwaardig, is daar nie teen hom opgetree nie.

'Kultuur van toesmeer'

Slagoffers is eerder verkleineer deur die biskoppe op wie hulle staatgemaak het om hulle te beskerm.

In 2010 het vier van die klaers hul storie openbaar gemaak en in Februarie 2011 het die Vatikaan Karadima skuldig bevind aan die seksuele en sielkundige mishandeling van minderjariges.

Hy is gedwing om af te tree en is van sy amp gestroop, maar is nooit strafregtelik aangekla nie omdat die aanklagte verjaar het. Hy ontken steeds dat hy skuldig is.

Die saak het nuusopskrifte gehaal nadat Franciskus vanjaar Karadima se slagoffers van laster beskuldig het, en vir biskop Juan Barros, wat daarvan beskuldig is dat hy Karadima se dade probeer toesmeer het, in die bresse getree het.

Slagoffers en hul advokate sê lank reeds die “kultuur van toesmeer” is die grootste struikelblok vir die Vatikaan om hierdie probleem te hanteer.

Franciskus het glo tot nuwe insigte gekom nadat hy dié slagoffers ontmoet het en ’n verslag van 2 300 bladsye oor die voorvalle gelees het.

Die inhoud van sy brief is Donderdag bekend gemaak. Hy het die naweek weer tyd saam met Karadima se slagoffers deurbring om na hul verhale te luister. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!