Pous smeek by Mafia om misdaad te laat vaar
Pous smeek by Mafia om misdaad te laat vaar

Pous smeek by Mafia om misdaad te laat vaar

Pous Franciskus het Saterdag ’n beroep op die Mafia in Sicilië gedoen om ’n lewe van misdaad en geweld te laat vaar. Die pous het in Palermo, die Siciliaanse hoofstad, gesê die eiland het “mans en vroue van liefde” nodig eerder as “mans en vroue van eer”.

Reuters berig dat hy gesê het lede van die georganiseerde misdaad, van wie baie kerk toe gaan en in die openbaar aanbid, “kan nie glo in God en ook deel van die Mafioso wees nie”. In sy beroep op hulle het die pous na dié Mafia-lede verwys as “liewe broers en susters”.

Hy het Palermo besoek om die dood te gedenk van vader Giuseppe “Pino” Puglisi, ’n priester wat in 1993 deur Mafia-sluipmoordenaars doodgeskiet is, omdat hy die Mafia se beheer uitgedaag het.

Puglisi is op sy 56ste verjaardag vermoor in ’n bloedige Mafia-veldtog teen die staat en enigiemand anders wat die groep se bestaan bedreig het.

“Iemand wat ’n Mafioso is, leef nie soos ’n Christen nie, omdat hy met sy lewe teen God se naam gelaster het,” het die pous aan sowat 80 000 mense in die hawegebied van die Siciliaanse hoofstad gesê.

“Ek sê vir die Mafiosi: Verandering, broers en susters. Hou op om te dink oor jouself en jou geld . . . Verander jouself na die beeld van die regte God, Jesus Christus, liewe broers en susters,” het hy gepleit. – Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!