Pous: Verkeerd om Islam met geweld te identifiseer
Pous: Verkeerd om Islam met geweld te identifiseer

Pous: Verkeerd om Islam met geweld te identifiseer

Estelle de Bruyn
Pous Franciscus het Sondag gesê dit is verkeerd om Islam met geweld te identifiseer. Hy het op ‘n mediakonferensie aan boord van ‘n vliegtuig gesê afgodediens en geld is onder die belangrikste oorsake vir terrorisme.
Hy was in Pole ter viering van Wêreldjeugdag. Die pous het Sondag ‘n mis saam met 1,5 miljoen pelgrims van oral in die wêreld gehou.
Ter erkenning van vandag se oorweldigende internetgebruik, het die pous gelowiges aangemoedig om “die beste skakel ooit af te laai, naamlik ‘n hart wat goedheid sien en oordra, sonder om moeg te word.”
Tydens die vyf dag lange besoek aan Pole het hy onder meer die Auschwitz-konsentrasiekamp besoek. Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer