Pous vra onderhandelinge
Pous vra onderhandelinge

Pous vra onderhandelinge

Die geestelike leier takel die kwessie oor Jersusalem.
Pous Franciscus het in sy Kersboodskap gevra vir ’n onderhandelde ooreenkoms tussen Israel en Palestina.

“Kom ons bid dat die wil om gesprekvoering te hervat by albei partye sal seëvier en dat ’n onderhandelde oplossing uiteindelik bereik kan word – een wat voorsiening maak vir die vreedsame voortbestaan van twee state binne grense waaroor saamgestem is en wat internasionaal erken word,” het hy gesê.

Dit volg op pres. Donald Trump se aankondiging dat hy voortaan vir Jerusalem as Israel se hoofstad sal erken en die Amerikaanse ambassade ook van Tel Aviv af daarheen gaan verskuif.

Dit is die tweede keer dat die Pous na Trump se aankondiging verwys.

Toe Trump dit op 6 Desember bekend gemaak het, het die Pous gevra die “status quo” moet in Jerusalem behou word, anders kan geweld losbars.

Jimmy Morales, president van Guatemala, het intussen aangekondig dat sy land Jerusalem ook as die hoofstad van Israel gaan erken.

Israel het die besluit verwelkom, berig The Guardian.

GUATAMALA

Guatemala was een van net agt lande wat in die Verenigde Nasies (VN) se stemming oor die saak saam met Amerika gestem het. Die meerderheid lande het Trump se aankondiging afgekeur. Die VN het gevra die Amerikaanse president moet sy besluit terugtrek.

Morales het die aankondiging op sy Facebook-blad gemaak nadat hy met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gepraat het.

“Ek het opdragte aan die minister van buitelandse sake gegee om te begin met stappe om die ambassade van Tel Aviv na Jerusalem te skuif,” het Morales geskryf.

Guatemala het al lank ’n nabye verhouding met Israel en koop ook wapens van die land.

Emmanuel Nahshon, minister van buitelandse sake van Israel, het Guatemala bedank vir die “belangrike besluit”.

“Wonderlike nuus en ’n ware vriendskap,” het hy getwiet.

Michael Oren, Israel se minister vir diplomasie, het op Twitter geskryf: “Viva Guatemala! Dit verg dapperheid van ’n supermag om vir geregtigheid op te staan en Jerusalem as hoofstad van Israel te erken, maar dit vat enorme durf vir ’n klein nasie om dit te doen. Inwoners van Guatemala, die inwoners van Israel sal nooit jul ondersteuning en dapperheid vergeet nie.”

Kom ons bid dat die wil om gesprekvoering te hervat by albei partye sal seëvier.

Pous Franciscus

Guatemala is die eerste land wat hom in die openbaar by Amerika voeg ná Trump se aankondiging op 6 Desember.

In die VN se stemming het 128 lande gestem dat Jerusalem se status net deur vredesonderhandeling tussen Israel en die Palestyne bepaal kan word.

Guatemala is afhanklik van Amerikaanse geld om die binnelandse veiligheid teen bendetereur te handhaaf. Amerika het voor die stemming gedreig om sy geldelike ondersteuning terug te trek aan lande wat teen hom stem. ’n Aantal kleiner lande het toe buite stemming gebly.

Bethlehem in Israel was die Kersnaweek onnatuurlik stil en inwoners meen dit is Trump se skuld.

“Ons het twee groepe toeriste,” het Fadi Kattan, bestuurder van ’n gastehuis en restaurant in die hartjie van Bethlehem se ou stad, aan The Guardian gesê.

“Eerstens is daar die plaaslike toeriste (Israelse Arabiere van Palestynse oorsprong) uit plekke soos Nasaret, Haifa en Akko, wat die feestyd hier wil vier. Hulle het almal hul besprekings gekanselleer.

“Die ander toeriste – van die buiteland – wat nog nie vlugte bespreek het nie, kanselleer ook hul besoeke.”

Jack Giacaman het ’n olyfhoutsneefabriek en betreur ook die drastiese afname van toeriste. Dit is egter ’n teleurstelling waarmee hy vertroud is.

“Ongelukkig is dit elke jaar die geval. Minder toeriste en minder geld. Hierdie keer is dit Trump. Al wat ons nie weet nie, is die werklike invloed daarvan of hoe lank dit gaan duur.

“Ons het ’n baie goeie seisoen verwag – in Oktober en November het ons 10 000 tot 11 000 besoekers per dag gekry. Toe maak Trump sy aankondiging en die syfers het baie vinnig gedaal.” - Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!